On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

SAKP-leier teiken van sluipmoordpoging

───   15:21 Wed, 12 Apr 2017

SAKP-leier teiken van sluipmoordpoging | News Article

Durban - Die SAKP sê hulle sal 'n klag by die polisie indien weens 'n beweerde sluipmoordpoging op die party se tweede adjunksekretaris, Solly Mapaila.


Die party sê in 'n verklaring hulle veroordeel die gebruik van staatsgeleenthede om sluipmoordpogings en faksionele agendas te bevorder.

Mapaila het onlangs vir die bedanking van Zuma gevra.

Woordvoerder vir die kommunistiese party, Alex Mashilo, sê die vermeende sluipmoordenaar het 'n vuurwapen op Mapaila gerig tydens Maandag se gedenkdiens vir vermoorde SAKP-leier, Chris Hani. 

Hy het glo egter sy planne laat vaar toe iemand hom waarsku dat daar kringtelevisiekameras in die gebou is.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.