National
Ek is nog die minister van finansies: Gordhan─── 05:56 Wed, 29 Mar 2017
![Ek is nog die minister van finansies: Gordhan Ek is nog die minister van finansies: Gordhan | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201732955556.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Pretoria - Pravin Gordhan hou vol dat hy steeds die minister van finansies is, ongeag gerugte van sy dreigende afdanking.
Hy is gister oor dié kwessie gevra buite die Pretoriase hooggeregshof waar sy hofaansoek oor die sluiting van die Gupta-familie se bankrekeninge aangehoor word. Gordhan wil hê die hof moet beveel dat hy nie kan inmeng in die verhouding tussen die banke en die Gupta-maatskappye oor die sluiting van hul rekeninge nie. Maryke Vermaak doen verslag.
President Jacob Zuma se besluit om Gordhan van ’n buitelandse beleggingstoer terug te roep het tot bespiegeling gelei dat hy moontlik sy kabinet wil skommel om van Gordhan óf sy adjunk, Mcebisi Jonas, ontslae te raak.
JacarandaFM