National
Blommeprag in Namakwaland─── CATHY DLODLO 14:41 Fri, 09 Sep 2016
Die unieke Namakwalandse blommeprag het weer sy verskyning vanjaar gemaak.
Die Noord-Kaapse gebied is reeds vol toeriste van heinde en ver wat die natuurwonder kom aanskou.
Toeris en blomliefhebber, Rita Heywood van Boksburg, het al meer as 2300 kilometer gery om die gedeeltes met die mooiste blommeprag uit te snuffel. Sy sê dit is egter duidelik dat die droogte vanjaar sy tol op die blommeprag geëis het want die blomme is maar yl op plekke. Een van die plekke is die gewilde blommedorpe, Nieuwoudsville, wat altyd mooi blomme het.
"Ons was baie teleurgesteld toe ons daar kom, want hulle het nie genoeg reën gehad nie en daar was nie baie blomme nie. Die volgende stop was by die Groenriviermond wat by die Namakwalandse Nasionale Park langs die see is. Die blomme was daar baie mooi. Vandaar is ons Kamieskroon toe en die Skilpad Namakwapark waar die blomme fantasties mooi is," sê Rita.