National
Soektog na Sylvester die leeu, wat wéér uit Karoo-park ontsnap het, hervat─── 11:36 Tue, 29 Mar 2016
Die soektog na Sylvester die leeu, wat 'n tweede keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, is vanoggend hervat.
Die drie-jarige leeu het in Junie verlede jaar bekendheid verwerf toe hy uit die wildtuin in die omgewing van Beaufort-Wes ontsnap en vir 24 dae rondgeloop het voordat hy weer gevang is. Hy het in daardie tydperk 26 skape en 'n kudu doodgemaak.
Fayroush Ludick, 'n woordvoerder van SANParke, sê 'n elektroniese halsband om Sylvester se nek het aangedui dat hy sowat 20 kilometer noordwes van die wildtuin is.
Hy sê die leeu het weer deur 'n opening in die heining ontsnap.
Sylvester het destyds ontsnap nadat baie water veroorsaak het dat ’n gat onder die heining aan die westelike deel van die park oopgespoel is.
AlgoaFM