On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Springs-gruwelhuis: Ma ook vas

───   06:49 Tue, 24 Jun 2014

Springs-gruwelhuis: Ma ook vas | News Article
Johannesburg - Die ma van die vyf kinders wat glo jare lank deur hulle pa in 'n huis in Springs aangehou en gemartel, is ook glo in hegtenis geneem.

Volgens eNCA-verslaggewer, Yashini Padayachee, sal die 35-jarige vrou van aanranding, poging tot moord en regsverydeling aangekla word. Sy sal na verwagting vandag in die Springs-landdroshof verskyn. 
 
Die kinders se pa (36) het op 12 Junie vlugtig in die Springs-landdroshof verskyn. Die saak is tot 25 Julie uitgestel. Die man het die week voor sy laaste hofverskyning probeer selfmoord pleeg nadat hy borgtog geweier is.

Die pa, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die kinders te beskerm, is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die man het na bewering sy vrou en vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, jare lank in die huis aangehou en aangerand.

Hy word aangekla van kindermishandeling, verkragting, aanranding en dwarsboming van die gereg. Hy kan moontlik ook van meineed aangekla word omdat hy 'n vals verklaring afgelê het toe hy beweer het sy seun word vermis, en kan ook van poging tot moord aangekla word weens die aard van die seun se beserings.

eNCA

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.