On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Video: Christoff Bekker, een van Waterkloof-4, speel touchies in die tronk

───   05:32 Mon, 17 Feb 2014

Video: Christoff Bekker, een van Waterkloof-4, speel touchies in die tronk | News Article
Pretoria - Die departement van korrektiewe dienste (DKD) gaan ondersoek instel na bewerings dat twee van die sogenaamde Waterkloof-vier 'n  partytjie met alkohol gehad en video’s daarvan gemaak het terwyl hulle in die tronk was, berig City Press en Rapport.
 
Frikkie du Preez en Christoff Becker is gister weer in hegtenis geneem en sal in aanhouding bly totdat die ondersoek voltooi is.

“Die departement beskou die bewerings van alkoholmisbruik in 'n  tronksel in baie ernstige lig,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die DKD, aan die koerante gesê.
 
“Ons sal aksie neem indien ons die bewyse het en dan 'n  volledige ondersoek van stapel stuur.”
 
Wolela sê alkohol en selfone word nie in tronke toegelaat nie. City Press en Rapport berig dat hulle 'n  kopie van 'n  video bekom het waar Frikkie du Preez en Christoff Becker glo 'n  partytjie hou en 'n  selfoon gebruik in 'n  sel by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria.
 
“Dis ? lekker naweek hier in die tronk,” word daar op een van die video’s gesê.
 
Francois Lubbe, een van Becker se vriende, het aan die koerante bevestig dat Becker en Du Preez in die video drink. “Iemand het vir hulle alkohol in die tronk gegee. Seuns sal seuns wees. Christoff en Frikkie gee nie regtig om oor die video nie. Dit het in die tronk gebeur en affekteer nie hulle paroolvoorwaardes nie.”

Bekker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is Dinsdag op parool vrygelaat. Hulle is in 2008 tronk toe nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op 'n hawelose man.
 
Sapa
 
 
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.