National
Regering se belangrikste ekonomiese beleide bevraagteken─── 09:36 Wed, 06 Nov 2013

Die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemerskap sê daar is geen gemeenskaplike terrein of samehangende beskouing in die regering se drie belangrikste ekonomiese beleide nie.
Die uitvoerende direkteur van die Sentrum, Ann Bernstein het verwys na die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan, die departement van Ekonomiese Ontwikkeling se Nuwe Groeiplan en die departement van Handel en Nywerheid se Nywerheidsbeleid-aksieplan.
Bernstein sê die drie dokumente gee teenstrydige weergawes van die land se beperkings en het verskillende idees oor waar werkskepping sal plaasvind.
Sy sê dit is nie duidelik watter een van die drie benaderings die regering kies nie.
Verklaring verskaf