On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Inge Lotz-moordondersoek loop dood in Bfn

───   LANI FOUCHÉ 14:45 Fri, 11 Oct 2013

Inge Lotz-moordondersoek loop dood in Bfn | News Article
Lani Fouché
 
Bloemfontein - Hernude ondersoeke na die raaiselagtige moord op Matie-student Inge Lotz in 2005 het vir eers in Bloemfontein doodgeloop.

Onafhanklike speurder, Piet Byleveld, het tot onlangs haar moord ondersoek en het ook 'n draai in Bloemfontein gemaak om met 'n groep moontlike ingeligtes te gesels.
 
Sy kontrak met Lotz se pa, Jan Lotz, het egter verval en die Valke het intussen die leisels oorgeneem.
 
'n Ondersoekbeampte van die Valke het bevestig dat nog geen nuwe inligting na vore gekom het nie. Hy sê dit is 'n reuse uitdaging om 'n moord wat al so lank terug gepleeg is en waarvan bewyse reeds voor die hof was, van voor af te ondersoek.
 
22-jarige Lotz se liggaam is in Maart 2005 in haar woonstel op Stellenbosch gevind. Haar eertydse kêrel, Fred van der Vyver, is in hegtenis geneem en verhoor, maar is in 2007 vrygespreek.

'n Hooggeregshof het kort daarna bevind dat die polisie Van der Vyver kwaadwillig vervolg het, en het beveel dat R46 miljoen se skadevergoeding en regskostes aan hom uitbetaal word.

Maar 'n paneel regters het in die Appèlhof in Bloemfontein verlede jaar dié bevinding ter syde gestel, omdat daar bewys is dat die polisie hom in elk geval, met die bewyse in hul besit, sou vervolg - maak nie saak wat die uitslag sou wees nie.

OFM Nuus het betroubaar verneem dat Van der Vyver nog 'n groot bedrag aan sy regsverteenwoordiger, Adv. Dup de Bruyn, skuld.
 
Hierop het Du Bruyn geantwoord: "Dit is onvanpas om hierdie aangeleentheid in die openbaar te bespreek."





 
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.