On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

Korrektiewe dienste praat oor adv. Barbie se 'streng parool-voorwaardes'

───   17:09 Sun, 18 Aug 2013

Korrektiewe dienste praat oor adv. Barbie se 'streng parool-voorwaardes' | News Article
Pretoria - Een van Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, se parool-voorwaardes is dat sy geen plek mag besoek waar kinders of minderjariges gereeld voorkom nie.
James Smalberger, adjunkkommissaris van die departement van korrektiewe dienste, het bevestig dat Visser môre op parool vrygelaat gaan word.
 
Hy sê haar parool val onder die maksimumkategorie, met streng voorwaardes.
 
Visser dien tans tronkstraf van sewe jaar uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie.
 
Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis.
 
Smalberger sê Visser, wat die helfte van haar vonnis uitgedien het, voldoen aan die vereistes vir vrylating.

AlgoaFM

Podcasts

James Smalberger:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.