On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Fred van der Vyver wil Grondwethof toe

───   LANI FOUCHÉ 16:16 Thu, 25 Apr 2013

Fred van der Vyver wil Grondwethof toe | News Article
Lani Fouché

Fred van der Vyver het by die Grondwethof aansoek tot verlof om appèl gedoen teen die Appèlhof se bevinding vroeër vanjaar dat die polisie hom nie kwaadwillig vir die moord op Inge Lotz vervolg het nie.
 
'n Siviele geding het hom in 2011 in die Wes-Kaapse Hooggeregshof afgespeel tussen Van der Vyver en die polisieminister, wat Van der Vyver gewen het. Die polisie het egter geappelleer teen die bevinding dat hulle Van der Vyver kwaadwillig vervolg het, wat hulle in Maart gewen het.
 
Van der Vyver is daarmee sy skadevergoedingseis van R43 miljoen kwyt, en moet ook die polisie se regskostes dra. Die polisie het nou tien dae om te reageer op Van der Vyver se aansoek by die Grondwethof, waarna 'n paneel van elf regters sal vasstel of verdere argumente daar aangehoor sal word.

Dié besluit sal na verwagting in Mei of Junie bekend wees.

Die polisieminister se woordvoerder, Zweli Mnisi, sê hy dra nie kennis van dié aansoek nie, en kan nie in hierdie stadium daaroor kommentaar lewer nie.

Lotz se moord bly intussen 'n raaisel.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.