On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Inspiration

Engo ontvang R500 000+ skenking

───   16:00 Fri, 19 Jul 2024

Engo ontvang R500 000+ skenking | News Article
Foto: Verskaf

"Die organisasie is uiters dankbaar vir die bydrae aangesien Engo grootliks afhanklik is van staatsubsidies."

Engo het ’n beduidende skenking van meer as ’n half miljoen rand ontvang. Altesaam R523 722 is ingesamel by die Nashua Gholfdag wat op 9 Mei 2024 in Bloemfontein plaasgevind het met OFM as mediaborg.

Die organisasie is uiters dankbaar vir die bydrae aangesien Engo grootliks afhanklik is van staatsubsidies, wat dikwels onvoldoende is om al die behoeftes van die gemeenskap te dek.

Dié nie-winsgewende en nie-regeringswelsynsorganisasie werk hoofsaaklik in die Vrystaat en bied versorging en berading aan kinders, gesinne, bejaardes, gestremdes en pasiënte in nood.

“Hierdie skenking help ons om broodnodige behoeftes aan te spreek in die lewens van ander in nood,” sê hoof uitvoerende direkteur, De Wet Claasens. Die fondse gaan ondermeer gebruik word om addisionele professionele dienste vir jeugsorgsentrums te bied.

“Meer as 200 000 dankbare harte bedank Jaco Pyper, Rikus Krüger, Nashua Bloemfontein, OFM en almal wat die gholfdag ondersteun het. Ons harte loop behoorlik oor van dankbaarheid,” voeg Claasens by.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.