On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Inspiration

Sewe noodsaaklike stappe vir jou voertuig se lenteskoonmaak

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:08 Thu, 26 Sep 2024

Sewe noodsaaklike stappe vir jou voertuig se lenteskoonmaak | News Article
Foto: All Things Motors

“Onvoldoende olie kan die enjin se werking drasties verkort.”

Lentetyd is die perfekte tyd om vir jou motor die nodige versorging te gee nadat dit die moeilike wintertoestande verduur het.

’n Deeglike lenteskoonmaak en versiening verseker dat jou voertuig glad en veilig loop in die maande wat voorlê.

Hier is sewe noodsaaklike stappe om jou motor hierdie seisoen in topkondisie te hou

  • Wielsporing

Goeie wielsporing is noodsaaklik om onnodige slytasie aan jou bande en remme te vermy. Akkurate wielsporing optimaliseer bestuurstabiliteit, verleng jou bande se leeftyd en verbeter jou voertuig se algehele hantering.

Foto: Shutterstock

  • Bande balanseer en roteer

Jou voertuig se wiele speel ’n belangrike rol in sy werkverrigting, wat stabiliteit, padhouvermoë en stuurbeheer insluit. As jy jou bande se onderhoud afskeep, kan dit verskeie probleme veroorsaak, soos slytasie, sporingsprobleme en selfs ongelukke.

  • Olievervanging

Gereelde olievervangings is noodsaaklik om die enjin glad te laat loop. Onvoldoende olie kan spanning op die enjin verhoog, wat die olie se lewensduur en die enjin se werking drasties verkort.

Foto: Shutterstock

  • Reminspeksie

Volledige rembeheer is noodsaaklik vir jou veiligheid op die pad. Gaan die remblokkies en vloeistofvlakke gereeld na om seker te maak dat jou voertuig doeltreffend tot stilstand kan kom in enige situasie, veral in ’n noodgeval.

  • Battery

’n Battery wat nie meer korrek werk nie, kan veroorsaak dat dit langer duur om jou voertuig aan te skakel. As hierdie probleem vroeg opgespoor word, kan dit reggetsel word voordat die battery heeltemal oppak en die motor ingesleep moet word.

Foto: Shutterstock

  • Maak die brandstofinspuiting skoon

Die skoonmaak van jou brandstofinspuiter verwyder skadelike koolstofafsettings wat mettertyd opbou. Hierdie diens herstel jou enjin se werkverrigting en verbeter brandstofdoeltreffendheid.

  • Ruitveërs

Soos enige ander toerusting kan ruitveërs breek, kraak en nie meer doeltreffend wees om die ruite behoorlik skoon te maak nie. Die ruitveërs het rubber aan die onderkant wat mettertyd hard en bros word en ’n piepgeluid begin maak.

Foto: Shutterstock

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.