On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Inspiration

#PinkTober-insameling breek deur doelwit

───   HEIDRÈ MALGAS 15:37 Fri, 25 Oct 2024

#PinkTober-insameling breek deur doelwit | News Article
Foto: OFM

Deelnemers is slaggereed vir die vyfde en laaste #PinkTober #Bowlies4Boobies-geleentheid, Donderdag (31/10) op Vryburg.

Die veldtog is tot dusver ’n reusesukses en R656 940 is ingesamel deur OFM-luisteraars se skenkings aanlyn en die #Bowling4Boobies-geleenthede in Vanderbijlpark, Klerksdorp, Bloemfontein en Bethlehem. Die doelwit was R500 000, maar met die ondersteuning van die luisteraars is dit ná vier rolbalgeleenthede reeds ver oortref.

“Ons het met #Bowling4Boobies op Bethlehem ’n fenomenale R114 100 ingesamel vir borskankerbewustheidsmaand,” sê Bianca Smit, OFM se handelsmerkbestuurder.

Sy bedank almal wat tot dusver deelgeneem het en gehelp het om mense bewus te maak van hierdie stryd. “Aan elke vrou wat hierteen veg of geveg het, wil ons sê: Ons staan saam met julle.”

‘Ondersteuners kan spelers kom aanmoedig’

Kaartjies vir Vryburg se aflewering van dié gewilde veldtog is ook uitverkoop, maar ondersteuners kan spelers kom aanmoedig. Dit beloof om nog ’n geleentheid te wees vir die gemeenskap om saam te staan en die ruim bydraes te maak wat so kenmerkend is van die #PinkTober-veldtog.

OFM se lojale gehoor word genooi om by die veldtog aan te sluit en so #PinkTober te ondersteun om werklik ’n verskil te maak in lewens wat deur kanker geraak word.

Wil jy Kansa ondersteun? Daar is net een week oor! Beloof jou skenking deur “pinkpledge” per Telegram te stuur na 084 222 9497 en volg die stappe.

Besoek OFM se webtuiste vir nog inligting.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.