On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Inspiration

Crèche op Niekerkshoop geverf en opgeknap vir Mandeladag

───   ZENANDE MPAME 14:51 Fri, 19 Jul 2024

Crèche op Niekerkshoop geverf en opgeknap vir Mandeladag | News Article
Crèche op Niekerkshoop geverf en opgeknap vir Mandeladag. Foto verskaf

“Werknemers het hul tyd gewy aan die verwery en die sentrum ’n nuwe voorkoms gegee.”

’n Semistaatsmaatskappy en sy filiaal het teruggee aan die gemeenskap met die oog op Mandeladag toe ’n crèche op Niekerkshoop ’n nuwe laag verf gekry het. 

Krygkor en Alkantpan-toetsbaan, ’n filiaal van die krygskorporasie, het komberse, handskoene, ’n opvoubare bed, stoele en tafels, en ander kombuisbenodigdhede aan Zenishas speel-en-leersentrum geskenk.

Verder het werknemers die sentrum geverf en die perseel skoongemaak.

Komberse, stoele en tafels by die sentrum geskenk. Foto verskaf

“Ons sentrum maak voorsiening vir kinders en volwassenes met gestremdhede,” vertel Zelna Barends, stigter. “Ek is baie bly om Krygkor op ons werf te hê en om ons te help om ons (water)houer op te knap en vir hul deelname aan ons voedingskema.

“Ons woon in ’n plattelandse gemeenskap waar werk skaars is vir inwoners; so die voedingskema en al die toerusting wat hulle vir ons hierheen gebring het, word opreg waardeer.”


Zenisha se speel-en-leersentrum is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat daarop gemik is om die lewenskwaliteit van kinders met Downsindroom, en intellektuele en fisieke gestremdhede te verbeter en te ontwikkel deur hulle deur middel van spel op te voed.

Die polisie en plaaslike raadslid het aangesluit om ’n verskil in die leersentrum vir die kinders en volwassenes te maak.


“Vandag is ons hier ter herinnering aan Mandela wat ons nagelaat het met ’n nalatenskap om hulp aan behoeftiges te verleen. Ons is hier om ons 67 minute namens Krygkor op te offer,” sê Kgosi Leeuw, senior bestuurder van Alkantpan-toetsbaan.

“In Januarie was ons afdeling korporatiewe kommunikasie by die sentrum om kos te skenk, maar hulle het besef dat die sentrum baie meer as die kos nodig het. Daarom is hulle vandag terug om niebederfbare items soos mikrogolwe, stoele en beddens te skenk.

Nog items wat aan die sentrum geskenk is. Foto verskaf

“In ons wat vandag hier is, het ons ’n behoefte gesien om die sentrum te verf, en ons is hier om seker te maak dat die kinders in ’n beter en bevorderlike omgewing leef. Ons is hier om die mense wat in die sentrum woon, te verseker dat hulle deel is van die gemeenskap,” sê hy.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.