On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Health

Kasterolie, veel meer as net purgasie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:27 Mon, 02 Sep 2024

Kasterolie, veel meer as net purgasie | News Article
Foto: Byrdie

“Hoewel kasterolie meestal bekend is as ’n sterk lakseermiddel wat baie van ons kleintyd ingejaag is, en dalk vir haar- en velvoordele, bevat dit ’n paar wonderlike terapeutiese voordele waarvan min mense bewus is.”

Om kasterolie in jou alledaagse roetine in te sluit kan ’n magdom voordele inhou.

Hoewel kasterolie meestal bekend is as ’n sterk lakseermiddel wat baie van ons kleintyd ingejaag is, en dalk vir haar- en velvoordele, bevat dit ’n paar wonderlike terapeutiese voordele waarvan min mense bewus is, berig Forbes Health.

Tien interessante kasterolievoordele

Die gesondheidswebtuiste Healthline vertel van die volgende voordele van kasterolie waarvan jy dalk nie geweet het nie:

  • Velbevogtiger: Kasterolie is ’n uitstekende natuurlike bevogtiger vir ’n droë of sensitiewe vel. Anders as sommige kommersiële bevogtigers bevat kasterolie geen sintetiese bymiddels en preserveermiddels nie.
  • Haargroei: Kasterolie het die potensiaal om haargroei te bevorder. Dit voed die kopvel en versterk haarfollikels. Die essensiële vetsure daarin kan haardikte en -glans verbeter, wat dit ’n gewilde keuse maak vir diegene wat ’n natuurlike oplossing vir yl hare soek.
  • Sonbrand: Die anti-inflammatoriese eienskappe van kasterolie maak dit ’n voorsorgmiddel vir sonbrand. Die aanwending daarvan op aangetaste dele kan help om rooiheid, swelling en ongemak te verminder, wat genesing bevorder.

Foto: Byrdie

  • Verlig hardlywigheid: Kasterolie is tradisioneel as ’n natuurlike lakseermiddel gebruik. Die risinoleïensuur stimuleer die ingewande, moedig stoelgang aan en bied verligting van hardlywigheid. Dit moet egter met omsigtigheid gebruik word en nie as ’n langtermynoplossing nie.
  • Beveg swaminfeksies: Danksy antimikrobiese eienskappe is kasterolie doeltreffend om te gebruik vir sekere swaminfeksies. Deur dit op die swam aan te wend, kan dit help om die infeksie te stop en die genesingsproses te ondersteun.
  • Verminder aknee: Kasterolie se antibakteriese eienskappe kan help om akneeveroorsakende bakterieë te bestry. Kasterolie sal egter nie porieë verstop nie, maar die bevogtigende effek kan help om die vel se olieproduksie te balanseer.

Foto ter illustrasie: Byrdie

  • Verlig menstruasiekrampe: Deur kasterolie op die abdominale area te masseer, kan menstruele krampe verlig word. Die olie se anti-inflammatoriese en spierverslappende eienskappe kan verligting tydens menstruasie bied.
  • Versterk naels: As jy sukkel met bros naels, kan kasterolie help. Gereelde toediening kan jou naels versterk en voed, naels wat breek verminder en gesonde groei bevorder.
  • Wondgenesing: Kasterolie se vermoë om weefselgroei te bevorder en inflammasie te verminder, maak dit ’n uitstekende keuse om te help met wondgenesing. Dit skep ’n klam omgewing wat vinniger weefselherstel ondersteun en littekens verminder.

Foto ter illustrasie: Byrdie

  • Versterk immuunstelsel: Sommige navorsing dui daarop dat kasterolie limfatiese sirkulasie kan verbeter, wat die algehele immuunfunksie kan ondersteun. Deur detoksifisering te bevorder en inflammasie te verminder, kan kasterolie bydra tot ’n gesonder immuunstelsel.

Risiko’s en newe-effekte van kasterolie

Alhoewel kasterolie oor die algemeen vir die meeste mense veilig beskou word wanneer dit gebruik word soos aanbeveel, moet sekere mense, insluitend swanger vroue en mense met dermobstruksie of blindedermontsteking, die gebruik daarvan vermy, maan DIY Naturally.

Potensiële newe-effekte van die oormatige gebruik van kasterolie as ’n lakseermiddel sluit buikkrampe, braking, opgeblasenheid en duiseligheid in.

Kasterolie kan ook interaksie met sekere medikasie hê; daarom beveel DIY Naturally aan dat enigiemand wat dit oorweeg om kasterolie te gebruik, eers ’n dokter raadpleeg, veral as hulle voorskrifmedikasie gebruik.

OFM Nuus mvh/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.