On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Losprys glo geëis vir vermiste Noord-Kaapse tiener

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:42 Mon, 10 Mar 2025

Losprys glo geëis vir vermiste Noord-Kaapse tiener | News Article
David Waterboer is al byna ses weke vermis. Foto verskaf

’n Losprys word glo geëis vir die Namakwalandse tiener wat al byna ses weke vermis word.

Springbok-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe volg nougeset alle leidrade op oor die verdwyning van David Waterboer (14), sê lt.kol. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

’n Familielid het na bewering ’n boodskap van ’n onbekende persoon ontvang wat ’n losprys vir David eis.

‘Hy is glo gesien waar hy ’n sportdag op Concordia bygewoon het’

Die gr. 7-leerling aan die Primêre Skool Sacred Heart op Nababeep, sowat 15 km noordwes van Springbok, is op 7 Februarie laas by sy ouerhuis gesien. Sy ouers is werk toe en het hom tuis by sy ouer broer gelos.

“Hy het gedurende die dag die huis verlaat sonder om sy broer in te lig, en is later glo gesien waar hy ’n sportdag op Concordia, ongeveer 20 km vanaf Nababeep, bygewoon het,” het Kock vroeër gesê.

David se skool het egter nie aan die sportdag, wat slegs vir hoërskoolleerlinge was, deelgeneem nie.

Volgens Kock het inwoners David laas op 8 Februarie om 06:20 by ’n bushalte op Concordia gesien. Sy ma het hom dieselfde dag as vermis aangemeld.

Sosialemediagebruikers word dringend gevra om nie valse inligting te plaas en te deel, aangesien dit die ondersoek belemmer en onnodige benoudheid vir die familie veroorsaak. Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting kan speursers. Andrè Hoon by 078 603 2198 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel of die MySAPSS-app gebruik. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

‘’n Kind word elke vyf uur in Suid-Afrika as vermis aangemeld’

Volgens die polisie word ’n kind elke vyf uur in Suid-Afrika as vermis aangemeld.

Missing Children South Africa sê 77% van die kinders word gevind, maar dit laat ongelukkig 23% van kinders wat óf nooit gevind word nie, dood gevind of verhandel word.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.