On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Uitstaande rekeninge lei tot kragonderbrekings by belangrike instansies

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:11 Mon, 10 Mar 2025

Uitstaande rekeninge lei tot kragonderbrekings by belangrike instansies | News Article
Munisipale tariewe styg teen ’n tempo vinniger as provinsiale inkomste. Foto: iStock

’n Dringende versoek vir ’n vergadering is ingedien in reaksie op die wanbetaling van munisipale rekeninge in die Noord-Kaap.

Hierdie kwessie spruit voort uit die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke wat nie sy munisipale rekeninge vereffen het nie, wat gelei het tot kragonderbrekings by noodsaaklike dienspunte soos hospitale, polisiestasies en skole, wat lewensbelangrike dienste soos gesondheidsorg, onderwys en openbare veiligheid negatief beïnvloed het, sê Fawzia Rhoda, wetgewerlid.

“Die DA in die Noord-Kaap doen ’n beroep op ’n onmiddellike vergadering met die provinsiale wetgewende komitees verantwoordelik vir finansies en openbare werke. ’n Oplossing moet gevind word om die nie-betaling van munisipale rekeninge deur provinsiale regeringsdepartemente aan te spreek.”

Wanbetalings lei tot kragonderbrekings

Dié versoek volg op berigte dat kragtoevoer by verskeie belangrike diensleweringspunte in die Ubuntu- en Umsobomvu-munisipaliteite afgesny is weens die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke se versuim om uitstaande munisipale rekeninge te vereffen.

Fawzia Rhoda. Foto verskaf

“In Ubuntu is die kragtoevoer na die plaaslike hospitaal, polisiestasie en Victoria-Wes Sekondêre Skool se koshuis onderbreek. Ek het die kwessie onmiddellik na die departementshoof, Johnny Mckay, geëskaleer, met ’n beroep op onmiddellike ingryping om krag na die hospitaal en skoolkoshuis te herstel. Dit is Woensdag (6/3) omstreeks 20:30 reggestel,” sê Rhoda.

Hy sê die raadslid, Johann Matthee, het verder met munisipale amptenare opgevolg nadat die kragtoevoer na die Hoërskool Colesberg in Umsobomvu ook afgesny is. Rhoda waardeer die deernis wat die munisipale bestuurder betoon het, wat toegesien het dat die kragtoevoer na die koshuis nie onderbreek is nie, “maar die feit bly staan dat dienslewering aan onskuldige inwoners nie in die gedrang gebring moet word nie weens die provinsiale regering se versuim om sy rekeninge te betaal”.

Probleem nie beperk tot net een of twee dorpe

Volgens Rhoda is die probleem nie beperk tot net een of twee dorpe nie. “Ons is bewus van die geweldige fiskale druk op die munisipaliteite. Munisipale tariewe styg teen ’n tempo vinniger as provinsiale inkomste, wat ’n begrotingstekort skep,” sê hy. “Dit is egter onaanvaarbaar dat hierdie fiskale tekort leerders van onderwys ontneem en pasiënte verhoed om toegang tot gesondheidsorg te kry.

Hy beklemtoon die dringende behoefte aan beter samewerking tussen alle belanghebbendes om die kwessie op te los en ononderbroke dienslewering te verseker.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.