On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek ingestel ná man baba per ongeluk versmoor

───   CASEY-LEE ANTHONY 11:23 Fri, 14 Feb 2025

Ondersoek ingestel ná man baba per ongeluk versmoor | News Article
Gordon Rorke en sy babaseuntjie, Arynn. Foto: Facebook

’n Geregtelike doodsondersoek is aan die gang nadat ’n pa van Gauteng glo sy vier maande oue babaseun per ongeluk versmoor het.

Die Wonderboompoort-polisie in Pretoria-Noord ondersoek die voorval Saterdag 25 Januarie toe Gordon Rorke (39) blykbaar op klein Arynn gerol het terwyl albei geslaap het, sê kapt. Johan van Dyk, Gautengse polisiewoordvoerder.

“Nadat die polisie ontbied is, het Rorke op die toneel in sy huis in Capital Park verduidelik dat hy met sy baba langs hom aan die slaap geraak het.”

Rorke het vir Arynn sy bottel gegee en met hom op die mat gespeel, sê Van Dyk. “Hy het hom later op sy bors geplaas en na musiek geluister. Hulle het albei op die rusbank aan die slaap geraak. Toe Rorke wakker word, het hy besef hy lê bo-op Arynn.”

Rorke was alleen tuis omdat Arynn se ma, Loren Froud (36), nagskof gewerk het.

Loren Froud en Arynn. Foto: Facebook

“Ek het geen woorde nie,” skryf sy ma op Facebook. “Ek is sprakeloos. Die suiwerste liefde vir jou, tot ’n heeltemal verpletterde hart en siel!

“Mag jy elke dag in vrede lewe, my liewe seun. Jy het my wêreld verander, Arynn! Ek weet nie hoe om ’n normale lewe te leef nadat ek jou verloor het nie.”

Volgens die liefdadigheidsorganisasie March of Dimes sterf honderde babas elke jaar as gevolg van ’n ouer of versorger wat onbedoeld op hulle rol terwyl hulle slaap. 

Om hierdie tragedies te voorkom, raai kenners aan dat ouers ’n kamer met hul baba deel, maar nie dieselfde bed nie. Babas moet op hul rug slaap tot eenjarige ouderdom, ook op ’n ferm, plat oppervlak, sonder kussings, komberse of opgestopte speelgoed. 

Arynn, wat op 18 September een sou geword het, is op Vrydag 31 Januarie ter ruste gelê.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.