On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Geen teken van vermiste Bloemfonteiner, Noord-Kaapse tiener

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:31 Tue, 11 Feb 2025

Geen teken van vermiste Bloemfonteiner, Noord-Kaapse tiener | News Article
David Waterboer word sedert Saterdag vermis. Foto verskaf

Daar is nog geen teken van die middeljarige Bloemfonteiner, asook ’n Noord-Kaapse tiener, wat reeds sedert die naweek vermis word nie.

Johan Coenrad Ruan van Zyl (39) is Saterdag (7/2) as vermis aangemeld nadat hy glo ’n noodboodskap aan sy ma gestuur het, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Ruan het omstreeks 01:00 met sy ma gepraat en vir haar gesê hy is by die Toerismesentrum in Bloemfontein. Hy het om 01:10 ’n noodboodskap aan sy ma gestuur, maar sy foon het kort daarna sein verloor en kan van toe af nie bereik word nie.”

Van Zyl, wat blykbaar ten tye van sy verdwyning ’n beige top en bypassende broek aangehad het, het per bus van Bloemfontein na Pretoria gereis.

Johan Coenrad Ruan van Zyl. Foto verskaf

Enigiemand wat weet waar Ruan homself bevind, kan die Parkweg-polisie by 082 466 7490 kontak, of  Stop Misdaad by 086 001 0111. Anonieme wenke kan ook met die MySAPS-app ingedien word.

Intussen is ’n grootskaalse soektog onderweg op Nababeep, Concordia en O’Kiep in Namakwaland ná die verdwyning van David Waterboer (14).

“David is Saterdagoggend (8/2) omstreeks 11:30 by ’n bushalte gewaar nadat hy die vorige dag ’n atletiekbyeenkoms op Concordia bygewoon het,” sê lt.kol. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.


Volgens David se familie het hulle hom Vrydag laas by hul huis in Nababeep gesien voordat hy na die atletiekbyeenkoms is.

“ ’n Soekgeselskap, bestaande uit lede van die Nababeep-polisiekantoor en plaaslike gemeenskapsgroepe, is onmiddellik gestig. ’n Polisie-snuffelhond is vanuit Kleinzee ontplooi, en die polisie wag op lugsteun om te help met die voortgesette soektog,” sê Kock.

Enigiemand met inligting oor waar David hom bevind, kan sers. Deory Smit by 082 495 5305 nader.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.