On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste se liggaam ná twee weke gevind op Noordwes-plaas

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:47 Mon, 10 Feb 2025

Vermiste se liggaam ná twee weke gevind op Noordwes-plaas | News Article
'n Man van Hartbeespoortdam is steeds vermis nadat hy Sondag van ’n boot afgeval het. Foto: NSRI

Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ’n vermiste man se liggaam op ’n plaas in Noordwes gevind is.

Iemand het Vrydag (7/2) op ’n plaas by Brits afgekom op die ontbinde liggaam van Blessing Magero (33), ’n Mosambieker wat twee weke lank vermis was, sê kapt. Mpho Manyoba, Noordwes-polisiewoordvoerder.

“Magero se vrou het hom op 28 Januarie as vermis aangemeld. ’n Private veiligheidsfirma is ingespan om met die soektog te help, asook die honde-eenheid, plaaslike misdaadrekordsentrum en inwoners.”

‘Polisie probeer vasstel of mans toestemming gehad het om op plaas te jag’

Na bewering is op Magero en twee vriende geskiet terwyl hulle bokke op die plaas Britsbok gejag het. Die vriende kon ontsnap, maar Magero is nie weer lewend gesien nie.

“As deel van die ondersoek werk die polisie daaraan om vas te stel of die mans toestemming gehad het om op die plaas te jag,” sê Manyoba, maar kan nie nadere besonderhede verstrek oor die voortgesette ondersoek óf moontlike verdagtes nie.

Hy sê die polisie het beslag gelê op ’n vuurwapen en ammunisie, maar weens die sensitiewe aard van die ondersoek kan hy nie verklap presies waar dit gevind is nie.

Man vermis

Intussen is ’n soektog gelas nadat ’n man van Hartbeespoort Sondag (9/2) omstreeks 17:30 van ’n boot afgeval het.

Arthur Crewe, NSRI-bevelvoerder van die Hartbeespoortdam-stasie, sê die man het naby Eagles Landing, langs die luukse Pecanwood-landgoed, van die boot afgeval. Die boot was later op die wal gestrand.

Vermiste man se boot het moontlik meganiese probleme ondervind. Foto: The Citizen

Polisieduikers en NSRI-beamptes het Maandag (10/2) hul soektog na die vermiste man voortgesit. Die boot het moontlik meganiese probleme ondervind voordat die man in die water beland het.

Volgens Crewe het ooggetuies gesien hoe die boot al in die rondte beweeg. Hulle meen dit kon moontlik oor die man gevaar het voordat dit die wal bereik het.

Die man se identiteit is nie bekendgemaak nie.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.