On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Bejaarde, skoondogter wat vonnis ontduik dalk in Noord-Kaap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:42 Thu, 13 Mar 2025

Bejaarde, skoondogter wat vonnis ontduik dalk in Noord-Kaap | News Article
Maria van Wyk is glo laas in Keimoes in die Noord-Kaap gesien. Foto verskaf

’n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van ’n bejaarde en haar skoondogter in verband met ’n R6 miljoen-bedrogvonnis.

Die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdaad in KwaZulu-Natal vra mense moet help met inligting oor waar Eldorette van Wyk (50) en Maria Elizabeth van Wyk (81) hulle bevind. Hulle is in 2019 aan bedrog skuldig bevind, sê lt.kol. Simphiwe Mhlongo, KwaZulu-Natalse Valke-woordvoerder.

Volgens Mhlongo is die twee gevonnis tot vyf jaar tronkstraf, in geheel opgeskort vir vyf jaar, op voorwaarde dat hulle R6 018 910 terugbetaal wat hulle op bedrieglike wyse van ’n maatskappy bekom het.

Nadat hulle versuim het om die geld terug te betaal, is lasbriewe vir hul inhegtenisneming uitgereik, sê Mhlongo. Maria is glo laas in Keimoes in die Noord-Kaap gesien.

Voorwaarde dat hulle geld terugbetaal

Mhlongo sê ondersoeke het gewys die beskuldigdes, wat by Flamingo Logistics gewerk het, tussen Augustus 2005 en September 2012 vragbriewe op bedrieglike wyse by BMG ingedien, wat dié maatskappy aansienlike verliese laat ly het.

Die Valke vra enigeen met inligting wat kan help om die twee op te spoor om speurkapt. Nkosinathi Zuma van die Valke in Durban by 071 481 3263 te bel of Stop Misdaad by 08600 10111.

Die eenheid waarsku enigiemand wat die verdagtes help om die gereg te ontduik, sal self vervolg kan word.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.