On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Dogter in aanhouding ná moord op ma van Bloemspruit

───   09:13 Wed, 08 Jan 2025

Dogter in aanhouding ná moord op ma van Bloemspruit | News Article
Geskille kan besleg word sonder geweld. Foto: Facebook

’n Vrou wat aangekla word van die moord op haar ma, kom na verwagting binnekort voor in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn,

Die vrou (20) is in hegtenis geneem ná ’n noodlottige rusie by hul huis in Grasveld, sê Bloemspruit se polisie.

Beamptes is Maandagaand (6/1) na die toneel ontbied. Met hul aankoms het hulle die slagoffer (55) in ’n plas bloed aangetref. Paramedici het haar dood verklaar.

Na bewering het die verdagte haar ma in die bors gesteek nadat hulle stry gekry het. Die dogter is op die toneel in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek nog die omstandighede wat tot die moord gelei het.

In ’n soortgelyke voorval op Nuwejaarsdag het ’n jong man (21) en sy pa (42) in ’n taverne op Winburg gekuier toe hulle blykbaar stry kry, het sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, gesê. 

Die seun het sy pa na bewering in die bors gesteek. Die slagoffer is na ’n plaaslike hospitaal gebring, waar hy later aan sy wond beswyk het, het Kareli gesê. Die polisie het ’n moordsaak geopen nadat hospitaalwerkers hulle ontbied het.

Ná voorlopige ondersoeke is die seun in hegtenis geneem op aanklag van moord. 

Keer so dat ’n rusie handuit ruk

Al verskil elke woordewisseling, kan sekere strategieë help om gemoedere te kalmeer, volgens die webtuiste Mental Health:

  • Haal diep asem en tel tot tien voordat jy reageer.
  • Luister aandagtig na wat die ander persoon sê of wil sê.
  • Begin jou sinne met “ek” sodat die ander persoon nie voel jy verkwalik hulle nie, byvoorbeeld: “Ek voel teleurgesteld,” nie: “Jy stel my teleur,” nie. 
  • Soek gemeenskaplike grond om ’n gevoel van samehorigheid te skep en samewerking aan te moedig.
  • Verskoon jou vir ’n oomblik en gaan staan of sit op ’n stil plek sodat jy tot bedaring kan kom.
  • Gebruik humor, waar toepaslik, om die spanning te verlig.
  • Probeer verstaan deur oop vrae te vra wat jou help om insig in die ander persoon se oogpunt te kry.
  • Bied ’n praktiese oplossing aan wat albei partye se bekommernisse in ag neem.

Hierdie strategieë kan help om geskille te besleg en beter kommunikasie in uitdagende situasies te bevorder.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.