On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Babas by dosyne op Kersdag in Sentraal-Suid-Afrika

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:51 Thu, 26 Dec 2024

Babas by dosyne op Kersdag in Sentraal-Suid-Afrika | News Article
Personeellede in ’n Noord-Kaapse hospitaal. Foto verskaf

Noordwes het die meeste Kersbabas in Sentraal-Suid-Afrika verwelkom.

Kersdag was ’n dag van vreugdetrane toe meer as 177 babas in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes gebore is. 

Vanjaar het drie maal meer babas as verlede jaar op dié besondere dag die lewenslig aanskou toe 102 gebore is, vergeleke met 31 verlede Kersfees. Die eerste baba is gebore in die gemeenskapsgesondheidsorgsentrum in Boitekong, sowat 8 km suid van Rustenburg. Van die Kersbabas was 56 seuntjies en 46 dogtertjies.

In die Vrystaat is van middernag tot 08:00 45 babas gebore, van wie 21 seuntjies en 24 dogtertjies. Die eerste baba is om 00:15 in die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein gebore toe  Palesa Khatsi, van Bloemfontein, die lewe skenk aan klein Thandolwethu Kosana, wat 2,64 kg geweeg het.

Palesa Khantsi van Bloemfontein het om 00:15 die lewe geskenk aan Thandolwethu Kosana. Foto verskaf

In die Noord-Kaap is altesaam 30 babas gebore, van wie 16 dogtertjies was. Die eerste baba, ’n dogtertjie, het die lewenslig om 00:20 in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley aanskou.

Gauteng se 184 Kersbabas was die grootste getal van enige provinsie, maar nes met die ander provinsies sluit dit geboortes tuis en in privaat instellings uit.

Personeellede van Noord-Kaap hospitale. Foto verskaf

Volgens Nomagugu Simelane, KwaZulu-Natalase LUR vir gesondheid, is landwyd meer as 570 babas op Kersdag gebore. Sy is bekommerd oor die getal minderjarige ma’s en vra dat sulke gevalle by die polisie aangemeld word. 

Onder die nuwe jong ma’s was 13-jarige wat in die Seshego-hospitaal buite Polokwane in Limpopo gekraam het, drie 15-jariges in die Emmaus-, Hlabisa- en St Andrews-hospitaal in KwaZulu-Natal en ’n 16-jarige in die Klerksdorp/Tshepong Tersiêre Hospitaal in Noordwes.

OFM Nuus/ Charne van der Merwe mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.