Central SA
Familie gesoek ná liggaam by Tempe gekry is─── CHARNÉ VAN DER MERWE 09:16 Sat, 21 Dec 2024
Die familie van ’n Vrystaatse man word gesoek nadat hy in ’n oop stuk veld gevind is.
Die polisie se eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade is besig met ’n geregtelike doodsondersoek na die man se dood, sê sers. Mahlomola Kareli.
“Parkweg-polisie is op soek na die oorledene se familie nadat die lyk in ’n veld naby Tempe Militêre Basis gevind is.”
‘Die man is as Ruciano Bester geïdentifiseer’
Volgens Kareli is die ontdekking Donderdag (20/19) omstreeks 17:20 gemaak toe ’n plaaslike inwoner, wat besig was om vuurmaakhout naby Tempe bymekaar te maak, op die lyk afgekom het.
“Die man is ná deeglike ondersoek as Ruciano Bester (20) geïdentifiseer nadat sy identiteitskaart in sy broek gevind is,” sê Kareli.
Ten tyde van ontdekking het Bester ’n donkergrys broek, ’n blou T-hemp en ’n blou trui aangehad.
Nooddienspersoneel het die man op die toneel dood verklaar.
“Die oorsaak van dood word nog ondersoek en sal deur die hangende nadoodse ondersoek bepaal word,” sê Kareli.
Enigeen met inligting kan die plaaslike speurafdeling by 0825262713 bel. Gebruik in albei gevalle die MySAPS-app vir anonieme wenke of bel Stop Misdaad by 08600 10111.
Foto ter illustrasie: Canva
Nog ’n man van die Vrystaat se die naasbestaandes word gesoek nadat die slagoffer Welkom na bewering in ’n tref-en-trap-voorval getref en dood is.
Die Bronville-polisie het hulp ontbied om die slagoffer, wat Saterdag (14/12) noodlottig beseer is, te identifiseer.
Volgens sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, is die voetganger se liggaam omstreeks 18:10 op die R73 naby Hani Park, Bronville, ontdek. “Die man het ernstige beserings opgedoen en was reeds oorlede toe die beamptes by die toneel opgedaag het.”
‘Man van medium liggaamsbou, met kort grys hare en ’n grys baard’
Die oorledene word beskryf as ’n man van medium liggaamsbou, met kort grys hare en ’n grys baard. Hy het ’n maroen T-hemp en blou broek aangehad en is na raming in sy vroeë vyftigs.
Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die identiteit van die slagoffer of die omstandighede rondom die voorval om na vore te kom.
Enigiemand met inligting kan sers. Hennita Motaung, ondersoekbeampte van die Bronville-speurdiens, by 072 124 0441 of Bronville se polisiekantoor by 057 910 9928 bel.