On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vanderbijlpark ma se vriend aangehou ná dade met haar minderjarige kind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:31 Fri, 20 Dec 2024

Vanderbijlpark ma se vriend aangehou ná dade met haar minderjarige kind | News Article
Foto: iStock

’n Man van die Vaaldriehoek, wat na bewering ’n minderjarige meisie verkrag en seksueel aangerand het, sal na verwagting vroeg volgende jaar weer in die hof verskyn.

Die beskuldigde (48) het Maandag (16/12) in Vanderbijlpark se landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en die skep en verspreiding van kinderpornografie waarby die minderjarige betrek is, sê Lumka Mahanjana, die NVG-woordvoerder.

Eksplisiete foto’s versprei

“Na bewering het die beskuldigde, wat in ’n verhouding met die slagoffer se ma is, die slagoffer in 2020 aan kinderpornografiese beelde by hul huis in Vanderbijlpark begin blootstel,” sê Manhanajana. 

“Die beskuldigde word ook daarvan beskuldig dat hy die slagoffer betas, verkrag en eksplisiete foto’s geneem het, wat hy dan versprei op ’n sosialemediaplatform.”

Die beskuldigte is tuis in hegtenis geneem. Foto ter illustrasie: Canva

Volgens Manhanjana het die misdade op die lappe gekom toe ’n privaat speurder na bewering die grafiese beeldmateriaal ontdek en dit by die polisie aangemeld het.

’n Saak is geopen en die beskuldigde is Donderdag tuis in Vanderbijlpark in hegtenis geneem. Die beskuldigde bly in aanhouding en sal na verwagting op 14 Januarie om borg aansoek doen.

Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.