On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Matlosana breek nog vervalle gebou af

───   ZENANDE MPAME 13:08 Thu, 12 Dec 2024

Matlosana breek nog vervalle gebou af | News Article
Matlosana breek nog vervalle gebou af. Foto: Facebook/City of Matlosana Municipal Updates

Die stad Matlosana moedig eienaars aan om na hul eiendom om te sien, so nie kan hulle gevaar loop om dit deur sloping te verloor.

Vervalle geboue in Klerksdorp het veiligheidsrisiko’s vir mense ingehou en sommige was skuilplekke vir onwettige aktiwiteite, insluitend dwelmgebruik.

Nadat die munisipaliteit se hofbevele toegestaan is om geboue af te breek, het amptenare Dinsdag (10/12) voortgegaan met die afbreek van vervalle geboue in die munisipale gebied, wat ook Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein insluit.

Inwoners het gekla oor leë, vervalle geboue wat trekpleisters is vir onwettige bedrywighede gevaar inhou vir inwoners. “Die munisipaliteit het elf vervalle geboue gesloop sedert die begin van die projek in September,” sê Kelebogile Moleko, munisipale woordvoerder.


“Dinsdag was die span besig om vervalle geboue in (die voorstad) Pienaarsdorp af te breek onder hofbevele wat ontvang is.”

Hoe om ’n vervalle en verlate gebou te identifiseer:

  • Dit lyk of dit lankal onbewoon is.
  • Dit voldoen nie aan die vereistes van die Boubestuursverordening van 2019 nie.
  • Dis oorbevolk en word deur plakkers beset.
  • Dis onwettig aan krag- en watertoevoer gekoppel.
  • Dit lok klagtes oor misdaad.
  • Dit word gebruik om puin en afval te stort.
  • Die gebou toon strukturele gebreke toon.


Die afdeling Menslike Nedersettings en Beplanning moedig eienaars aan om verantwoordelikheid vir hul eiendomme te aanvaar en te verseker dat dit voldoen aan die Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde.

Indien nie, mag die munisipaliteit verdere stappe doen, insluitend die aansoek om ’n slopingsbevel by die hof. Gevra wat die munisipaliteit met hierdie erwe beplan, sê Moleko: “Die munisipaliteit beoog om die erwe te verkoop, inkomste te genereer en hierdie gebiede te ontwikkel.”

Mense kan vervalle geboue by hul munisipaliteit of die afdeling Menslike Nedersettings en Beplanning aanmeld. ’n Inspeksie sal dan ter plaatse gedoen word en ’n aansoek aan om ’n hofbevel gedoen word.

“Deur hierdie geboue af te breek beoog die departement om misdaad in die stad Matlosana te bekamp en dit ’n veiliger munisipaliteit te maak waar inwoners nie bang is in hul woonbuurte nie.”

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.