On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Man van Kuruman tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord

───   HEIDRÈ MALGAS 13:16 Tue, 05 Nov 2024

Man van Kuruman tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord | News Article
Tebogo Ben Gill (49) is 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir poging tot moord. Foto: CANVA

Die streekhof op Kuruman hoop die swaar vonnis wat hy ’n man opgelê het vir pogings tot moord sal voornemende plegers van gesinsgeweld afskrik.

Tebogo Ben Gill (49) is 15 jaar gevangenisstraf opgelê. Hy het sy meisie op 26 Junie verlede jaar tydens ’n rusie in haar bolyf en bene gesteek.

Gill het daardie dag tuisgekom waar die slagoffer besig was om kos te maak. Nadat hy die huis verlaat het, het hy later teruggekeer en geëis dat sy by hom slaap.

‘Die staatsaanklaer het teen ’n ligte straf gepleit’

Hulle het stry gekry nadat sy geweier het, omdat sy besig was om wasgoed te was. “In ’n desperate poging om te ontsnap, het die slagoffer gestruikel en geval, waarna Gill haar met ’n mes aangeval het,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Die staatsaanklaer, Kekeletso Lekota, het teen ’n ligte straf gepleit, omdat die erns van die saak toepaslike gevolge vereis het. “Die getal steekwonde toon die skade wat Gill aan sy vriendin wou aanrig, en terwyl hy aangevoer het dat dit selfverdediging was, het sy daarmee verskil.”

“Die vervolging het die verdediging se versoek vir ’n twaalf jaar vonnis teengestaan en dit uitermate buite verhouding as gevolg van maatskaplike bekommernisse oor soortgelyke gewelddadige oortredings geag.

‘Die NVG loof die toegewyde pogings van die vervolgingspan’

“By vonnisoplegging het die hof die wesenlike en dwingende omstandighede erken wat afwyking van ’n lewenslange vonnis geregverdig het, maar eindelik besluit op ’n termyn van 15 jaar direkte gevangenisstraf.”

Die NVG loof die toegewyde pogings van die vervolgingspan wat verseker het dat geregtigheid geskied in dié “wrede misdaad”.

Die NVG beklemtoon sy verbintenis tot die stryd teen geslagsgeweld en om seker te maak dat oortreders verantwoordelik gehou word vir hul dade, wat die ernstige aard van hierdie oortredings in die samelewing weerspieël.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.