Central SA
Bereik jou teikengewig voor die somervakansie─── CHARNÉ VAN DER MERWE 11:31 Fri, 01 Nov 2024
Met dié dat die jaar vinnig einde se kant toe staan, kan ’n mens tereg wonder of jy nog genoeg tyd het om jou gewigsverliesdoelwitte te bereik.
Al is Nuwejaarsdag net twee maande ver, is dit nog moontlik om vordering te maak en die ou jaar op ’n gesonder noot af te sluit. Geringe maar betekenisvolle leefstylveranderings kan jou voorberei op sukses om jou gewigsdoelwitte te bereik, alles sonder drastiese opofferings, berig Ezcare Clinic.
Body Network beveel dié tien stappe aan om jou te help:
1. Kies gesonde peuselhappies
Die keuse van voedsame versnaperinge kan help om hongerpyne te beperk sonder om onnodige kalorieë in te neem. Indien jy iewers moet gaan, pak opsies soos vars vrugte, neute of jogurt in. Deur gesonde peuselhappies binne bereik te hê, is jy minder geneig om iets ongesonds op die pad te gryp. Maak dit ’n gewoonte om gesonde peuselhappies in jou sak of motor te hou, sodat jy altyd voorbereid is.
2. Bly gehidreer
Om water deur die dag te drink help om dehidrasie te voorkom, wat soms met honger verwar kan word. Dra ’n hervulbare waterbottel saam met jou rond en neem gereeld slukkies en hervul soos nodig.
Illustration: Daily Moments
3. Verwyder ongesonde kos
’n Kragtige stap in die bereiking van gewigsverlies is om ongesonde kosse uit jou kombuis en spens te verwyder. Vervang gemorskos met voedsame items soos vrugte, groente, proteïene en volgraan. Om gesonde opsies geredelik beskikbaar te hê maak dit makliker om by jou doelwitte te hou.
4. Eet stadig
Vermy ooreet deur stadig te eet en aandag te gee aan porsiegroottes. Dit gee jou liggaam tyd om vol te voel, wat kan help keer dat jy meer as eet as wat nodig is.
5. Maak gesonder keuses wanneer jy uiteet
Kies maaltye wat gebalanseerd is en vermy dié wat ryk is aan koolhidrate of styselkos wanneer jy uiteet. Eet liewer maaltye met volop groente en proteïene. Dit sal jou help om op koers te bly sonder om beperk te voel.
Probeer daagliks minstens ’n halfuur oefen. Foto: Unsplash/Carl Barcelo
6. Verminder kalorieë verstandig
Eenvoudige strategieë om kalorieë te beperk, kan oor ’n tydperk ’n groot verskil maak. Vervang kalorie-ryke bestanddele, soos om liewer meer groentegebaseerde opsies in te sluit of plantgebaseerde melk te kies. As jy van suiwel hou, kies die laevet- of vetvrye weergawe om kalorie-inname te verminder.
7. Oefen gereeld
’n Oefenroetine, of dit nou ’n oggenddraf, joga of gewigoptel is, kan jou gewigsverliesreis ’n groot hupstoot gee. Probeer daagliks minstens ’n halfuur oefen, al is dit net om te gaan stap.
8. Kry genoeg slaap
Prioritiseer slaap as deel van jou gewigsverliesstrategie. Mik na minstens sewe uur per nag om jou hormone gebalanseerd te hou en honger te beheer. Gehalte-slaap help ook met fisieke herstel, wat verseker dat jy die energie het om aktief te bly.
OFM Nuus cg