On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Diamantsaak: Louis en Dezzi Liebenberg bly vir eers agter tralies in Bronkhorstspruit

───   ZENANDE MPAME 15:51 Thu, 24 Oct 2024

Diamantsaak: Louis en Dezzi Liebenberg bly vir eers agter tralies in Bronkhorstspruit | News Article
Louis en Dezzi Liebenberg bly vir eers agter tralies. Foto: mikebolhuis.co.za

Drie van die beskuldigdes in die Louis Liebenberg-diamantsaak is borgtog toegestaan, terwyl Liebenberg en nog vyf verdagtes in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning, op Donderdag 31 Oktober.

Liebenberg (60) het saam met agt medebeskuldigdes in die Bronkhorstspruit-landdroshof voorgekom op aanklagte van onder meer bedrog, geldwassery en diefstal.

Die sakeman, sy vrou Dezzi, Walter Niedinger, Magdalena Kleynhans, Nicolize van Heerden, Helena Dorothea, Amy Schulenburg, Johannes en Christell Badenhorst, en Adriaan Strydom is in hegtenis geneem nadat hulle beleggers sedert 2019 na bewering uit meer as R4 miljard bedrieg het.

Netwerk 24 berig Kleynhans en Schulenburg het borgtog van R20 000 elk gekry, maar Niedinger s’n is op R100 000 vasgestel. Landdros Vusimuzi Mahlangu het gesê dis in belang van geregtigheid dat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word. Elkeen het ’n gevestigde adres, is nie ’n vlugrisiko nie en sal nie met getuies inmeng nie.

Liebenberg en sy medebeskuldigdes in die hof. Foto verskaf

“Die ondersoek het duidelik gewys dit was wanvoorstelling, diefstal en bedrog om sogenaamde pakkies vol diamante te verkoop, wat na bewering aan die beleggers behoort het,” meen die privaat ondersoeker Mike Bolhuis. “Maar beleggers het nooit die diamante of sertifikate gesien nie.

“’n Yslike groot bedrag is deur Louis Liebenberg en sy medepligtiges gesteel. Hierdie ondersoek duur reeds vyf jaar, en nog inhegtenisnemings word verwag.”

News24 berig Liebenberg was opgeruimd tydens sy eerste hofverskyning. Hy het “Viva Msholozi, viva MK” uitgeroep voordat hy die beskuldigdebank betree het.


Die leiersfiguur in die MK-party het na bewering ongeslypte diamante op sosiale media geadverteer. Hy het potensiële beleggers aangespoor om in sy sogenaamde diamanthandelsaak te belê met beloftes van winsgewende opbrengste, waarvan dadels gekom het, het Philani Nkwalase, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder, gesê.

Verskeie slagoffers het Bolhuis van meer inligting voorsien oor hoe hulle na bewering deur Tariomix – wat as Forever Diamonds and Gold handel dryf – bedrieg is. Die vervolgingsfase van hierdie saak kan ’n uitgerekte proses wees, en hy het alle betrokkenes versoek om geduldig te wees, aangesien geregtigheid eindelik sal seëvier.

“Hierdie ondersoek is nog nie afgehandel nie, en diegene wat nog nie strafsake by die polisie ingedien het nie, word gevra om dit so moontlik te doen. Mense moet asseblief geen inligting van die owerheid weerhou nie.”

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.