On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

#PinkTober-veldtog se geldinsameling kry momentum

───   HEIDRÈ MALGAS 15:27 Fri, 18 Oct 2024

 #PinkTober-veldtog se geldinsameling kry momentum  | News Article
#Bowling4Boobies was ’n groot sukses in Bloemfontein. Foto Facebook/OFM, the sound of your life

Tot dusver is R478 545 ingesamel vir Kansa deur ’n kombinasie van direkte skenkings en die #Bowling4Boobies-geleenthede.

Bianca Smit, OFM se handelsmerkbestuurder, sê vanjaar se #Bowling4Boobies in Bloemfontein was ‘n suksesvolle geleentheid en R135 000 is ingesamel.

“Elke donasie maak ‘n verskil en ons wil aanmoedig dat almal die #PinkTober-veldtog ondersteun en saam kan ons die teiken van R500 000 bereik om Kansa te help.”

Die veldtog se energie en geesdrif gaan voort met hoë verwagtinge om die uiteindelike doel van R500 000 teen einde Oktober in te samel.

Die #PinkTober-span maak gereed vir die tweede van vyf rolbalgeleenthede Donderdag (24/10) in Bethlehem. Kaartjies is uitverkoop, maar ondersteuners kan spelers kom aanmoedig.

Hierdie byeenkoms beloof om nog ’n geleentheid te wees vir die gemeenskap om saam te staan en die ruim bydraes te maak wat so kenmerkend is van die #PinkTober-veldtog.

Die poging om R500 000 in te samel is goed op dreef, maar as selfs meer met die projek ingesamel kan word, kan soveel meer gedoen word vir lewensbelangrike kankernavorsing en om hoop te skep.

OFM se lojale gehoor word genooi om aan te sluit by die veldtog en so #PinkTober te ondersteun om werklik ’n verskil te maak in lewens wat geraak word deur kanker.

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.