On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Hoë temperature, sterk wind verhoog veldbrandrisiko’s

───   HEIDRÈ MALGAS 10:19 Sat, 12 Oct 2024

Hoë temperature, sterk wind verhoog veldbrandrisiko’s  | News Article
Grondeienaars het ’n wetlike verpligting om brande te rapporteer. Foto: OFM

Hoë temperature, tesame met sterk wind, verhoog die risiko van veldbrande van Saterdag (12/10) tot Maandag (14/10).

Veldbrandwaarskuwings is vir die meeste dele van die provinsie uitgereik.

“Onder die huidige toestande, waar ons baie hoë temperature tesame met sterk winde ervaar, is die veldbrandrisiko redelik hoog. Hierdie toestande bevorder die vinnige ontstaan van veldbrande met hoë intensiteit. Ons plantmateriaal is tans nog baie vlambaar,” sê Johan Breytenbach van die Mangaung Fire Protection Association (MAFPA).

 

“Groenwording het nog nie plaasgevind nie, die risiko is dus nog nie minder nie.”

“Veldbrande kan vinnig begin en versprei,” sê Breytenbach. Daarom moet die publiek verstaan dat enige buitenshuise hittebron, of dit nou brandende rommel of die gebruik van masjinerie is, ’n veldbrand kan aansteek.”

Mense moet op hulle hoede wees en wegbly van aktiewe brande, aangesien vier individue onlangs hul lewe verloor het in die Vrystaat weens veldbrande.

Die impak van veldbrande sluit in:

  • Risiko van plaaslike wegholbrande
  • Verlies van landbouproduksie
  • Skade aan informele en formele nedersettings
  • Probleme vir hoë voertuie op kwesbare roetes
  • Verminderde sigbaarheid as gevolg van stofstorms en rook
  • Moeilike rytoestande

 

OFM Nuus het vroeër berig brandvoorbereiding moet getref word nie net om jou eiendom te beskerm nie, maar ook ingevolge die wet.

Grondeienaars moet sorg dat hulle die nodige opgeleide personeel en toerusting beskikbaar het om op te tree sou daar ’n veldbrand op hul grond ontstaan, of daarheen versprei.

Redes waarom brandbane belangrik is:

  • Om te keer dat vuur versprei.
  • Dit vorm beheerlyne vir teenbrande.
  • Dit bied ankerpunte om die omgewing in geografiese blokke op te deel.
  • Dit bied toegang na ’n brand.
  • En ook ’n ontsnaproete waarmee mense en diere weg van die gevaar gelei kan word.

Breytenbach sê grondeienaars het ’n wetlike verpligting om brande te rapporteer.

OFM Nuus/Heidré Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.