On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwester in hof weens beweerde veediefstal

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:55 Tue, 04 Feb 2025

Noordwester in hof weens beweerde veediefstal | News Article
Die vermoedelik gesteelde vee. Foto verskaf

’n Man van Noordwes sal komende Maandag (10/2) weer in die hof verskyn op aanklag van amper R30 000 se veediefstal.

Tshokolo Kolobe (58) het Maandag in die landdroshof in Mmabatho verskyn, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder. Hy sal na verwagting met sy volgende verskyning aansoek doen om borgtog. 

Beamptes van Mahikeng se eenheid vir openbare orde het Kolobe Vrydag in hegtenis geneem nadat hy met vermoedelik gesteelde vee betrap is. 

Kolobe is in hegtenis geneem nadat hy met vermoedelik gesteelde vee betrap is. Foto verskaf

“Die beamptes was op ’n roetinepatrollie op die N18 (Vryburg/Mahikeng) toe hulle ’n wit Toyota Hilux-bakkie met ’n kappie naby ’n vulstasie in die township Montshiwastad gewaar het.”

Toe beamptes die voertuig voorkeer en dit deursoek, het hulle op 18 bokke afgekom. Die bestuurder, wat alleen was, is in hegtenis geneem nadat hy nie kon rekenskap gee van die boerbokke ter waarde van R27 000 nie. Die ondersoek duur voort.

Identifikasiemerke op vee

Enigiemand wat beeste, skape, bokke of varke besit, moet hul vee merk, sê die regering.

  • Die eienaar moet aansoek doen om ’n geregistreerde identifikasiemerk by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.
  • ’n Diere-identifikasiemerk dui die eienaar van die dier aan. As die dier wegloop, óf gesteel en gevind word, word die merk gebruik om die eienaar mee op te spoor.
  • ’n Identifikasiemerk bestaan uit ’n maksimum van drie letters van die alfabet of simbole (karakters).
  • Permanente identifikasiemerke kan op die diere aangebring word deur middel van warmbrandmerking, vriesbrandmerking of tatoeëring.
  • As jy diere aankoop, óf hulle as ’n geskenk ontvang, moet jy binne twee weke ’n identifikasiemerk op hulle aanbring. As jy diere verkoop, moet hulle ook jou identifikasiemerk dra.
  • Jou merk word in die Nasionale Register van die Diere-identifikasiestelsel geplaas en niemand anders mag dit gebruik of jou diere daarmee merk sonder jou toestemming nie.

Let wel: Jy mag nie ’n identifikasiemerk op jou diere aanbring indien jy nie sodanige identifikasiemerk geregistreer het nie.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.