On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Katarakmarathon skep nuwe hoop

───   HEIDRÈ MALGAS 11:50 Fri, 11 Oct 2024

Katarakmarathon skep nuwe hoop | News Article
Die verpleegsters by tweepasiënte. Foto: Rethabile Monyane

Die akademiese hospitaal Universitas in Bloemfontein se katarakmarathon is tot dusver ’n groot sukses, en die span beoog om daagliks nog meer operasies uit te voer.

Tydens die marathon wat op 1 Oktober begin het en tot 1 November strek, wil dokters sig herstel vir diegene wat aan katarakte ly en pasiëntwaglyste verkort. Ten spyte van uitdagings soos hoë bloeddruk, hipertensie en diabetes onder pasiënte is die afdeling daartoe verbind om meer mense se sig te herstel.

“Die beplanningspan oorweeg dit om meer operasies per dag te skeduleer,” sê Mondli Mvambi, Vrystaatse gesondheidswoordvoerder. “Selfs al word nie alle oorbespreekte pasiënte geopereer nie, sal dit ons help om ons daaglikse doelwitte te bereik.”

Die departement beoog om sowat 500 katarakoperasies tot 1 November uit te voer. “Die marathon verloop tot dusver glad, met maatreëls in plek om seker te maak ons bly op koers ondanks enige pasiëntgesondheidstoestand ontwrigtings."

Françios de Beer (49). Foto: Heidre Malgas

Op 1 Oktober is 23 operasies uitgevoer, minder as die daaglikse teiken van 30. Sommige pasiënte is weens hoë bloeddruk nie geopereer nie en ander het nie opgedaag nie ondanks die beskikbaarheid van gratis reisreëlings.

“Ten spyte van uitdagings soos hoë bloeddruk, hipertensie en diabetes onder pasiënte, is die departement toegewyd om die aantal daaglikse operasies te optimaliseer,” beklemtoon Mvambi.

‘Hy wag al byna twee jaar’

OFM Nuus het die teater besoek en met pasiënte gesels oor hul ervarings en hoop vir die lewe ná die operasie.

’n Pasiënt wat nog op ’n operasie gewag het, François de Beer (49), het gesê dat hy al byna twee jaar wag en tussen Bethlehem en Bloemfontein gereis het terwyl hy wag vir ’n plek om die operasie te laat doen.

Anna Gaka (72). Foto: Heidre Malgas

Dis ’n slegte toestand om mee saam te leef, aangesien jou sig nadelig beïnvloed word, het hy gesê. Hy het sedert 2019 die katarak en dit was ’n moeilike pad tot hier.

’n Pasiënt wat reeds die operasie ondergaan het, Anna Gaka (72) van Wesselsbron, het gesê sy het in 2022 begin blind word in haar regteroog, terwyl sig in haar linkeroog intussen ook verswak het. In Julie 2023 het sy na die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gegaan om die oog te laat ondersoek, toe sy ’n operasiedatum vir vandeesmaand gekry het.

Sy is opgewonde om huis toe te gaan, vir haarself tee te maak en in haar eie bed te slaap. Voor die operasie het haar buurvrou en kleindogter haar baie gehelp, en sy is bly dat sy die druk van hulle kan verlig.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.