On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Welkom-onderwyseres aangekla ná beweerde aanranding oor selfoon

───   HEIDRÈ MALGAS 12:11 Wed, 09 Oct 2024

Welkom-onderwyseres aangekla ná beweerde aanranding oor selfoon  | News Article
Hoër Tegniese Skool Welkom. Foto: Facebook

“Blykbaar het die onderwyseres die leerling gevra om die selfoon af te skakel aangesien dit die les onderbreek het.”

Die Goudveldse polisie ondersoek ’n aanrandingsklag teen ’n onderwyseres van die Hoër Tegniese Skool Welkom nadat sy na bewering handgemeen geraak het met ’n gr. 8-leerder toe dié weier om sy selfoon te oorhandig.

Die onderwyseres het die leerling blykbaar Maandag 5 Augustus tydens ’n les gevra om sy foon af te skakel omdat dit steurend was. Die leerling het geweier, waarna hulle mekaar te lyf gegaan het toe die onderwyseres probeer het om die foon af te neem.

’n Onderwyseres het handgemeen geraak met ’n gr. 8-leerder. Foto: Skermgreep

’n Video word intussen wyd en syd op sosiale media gedeel wat ’n ander leerder met ’n selfoon van die onderonsie opgeneem het.

Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die klag bevestig en sê die ondersoek duur voort. 

“Die bakleiery is uiters ontstellend,” sê dr. Mantlhake Maboya, Vrystaatse LUR vir onderwys. “Dit moenie net afgekeur word nie, maar so sterk moontlik veroordeel word.”

’n Les is onderbreek toe ’n onderwyseres en ’n leerling mekaar te lyf gegaan het. Foto: Skermgreep

Sy sê die doel van skole is om jong mense te ontwikkel. Dis nie daar vir “enige … selfvernietigende aktiwiteite” nie. “Daarom ondersoek ons die omstandighede rondom hierdie voorval en ons sal beslissend optree om die situasie reg te stel.”

Die voorkoms van geweld in Suid-Afrikaanse skole word beskou as ’n weerspieëling van die land se hoë misdaadsyfer. Volgens ’n studie deur World Population Review in 2022 is dit die derde hoogste ter wêreld.

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers berig meer as tweederdes van onderwysers en amper die helfte van leerders ervaar of sien fisieke geweld in hul skool. ’n Studie van 2020 toon dat onderwysers meer soorte fisieke geweld as leerders ervaar het.

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.