On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Drotské en sy vrou kry beskermingsbevel teen buurman

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:22 Thu, 03 Oct 2024

Drotské en sy vrou kry beskermingsbevel teen buurman | News Article
Naka Drotské. Foto: Getty images

“Luidens die akte van beskuldiging spruit die aanklagte teen Drotské en Palmer uit ’n voorval op 14 September toe hulle glo De la Hunt geskop, met die vuiste bygedam en sy gesig in die grond gesleep het.”

Die beweerde aanrandingsaak waarby ’n voormalige Springbok-rugbyspeler en ‘n medepligtige betrokke is, is tot 25 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel. 

Wêreldbekerwenner Naka Drotské (53) en sy vriend Lionel Palmer(59) het Donderdag (3/10) vlugtig in die Bloemfonteinse-landdroshof verskyn ná bewerings dat hulle Drotské se buurman, Vivian John de la Hunt, aangerand het.

Luidens die akte van beskuldiging spruit die aanklagte teen Drotské en Palmer uit ’n voorval op 14 September toe hulle glo De la Hunt geskop, met die vuiste bygedam en sy gesig in die grond gesleep het.

Naka en sy vrou, Marzanne. Foto: Facebook

Albei mans, inwoners van Shelleyvale in Bloemfontein, is op 15 September in hegtenis geneem en later op eie erkenning vrygelaat.

Drotské het intussen Maandag (30/9) ’n klag van aanranding by die Bayswater-polisiekantoor ingedien. “Die klagte kon egter eers Dinsdag geregistreer word omdat die stelsel vanlyn was,” sê kapt. Loraine Earle, ’n polisiewoordvoerder.


Drotské beweer dat hy na ’n boodskapwisseling na sy buurman gegaan het om die saak te skik, waarna sy buurman hom na bewering aangerand het.

Drotské het in ’n Facebook-verklaring die voorval met sy buurman erken en gesê dat hy uit selfverdediging opgetree het. 

Boonop het beide Drotské en sy vrou, Marzanne, aansoek gedoen om ’n beskermingsbevel teen De la Hunt om verdere teistering te voorkom. Hy het bygevoeg dat hulle, indien nodig, beplan om later ’n saak van crimen injuria aanhangig te maak.

Naka net ná die skietvoorval. Foto: BBC

“Ek verkies om in hierdie stadium geen verdere kommentaar te lewer nie,” het Drotské se verklaring afgesluit.

Drotské het in 2018 ’n skietery oorleef tydens ’n gewapende aanval in Pretoria. Tydens die voorval was Drotské, saam met mede-oud-Springbok Os du Randt, by sy broer Tinus se huis in Kameeldrift.

Hulle het pas aangesit vir aandete toe vyf gewapende rowers die huis binnegestorm en op hulle losgebrand het. Drotské het drie skietwonde opgedoen –een aan sy arm en twee aan sy bors. Hy is in die Montana-hospitaal gehospitaliseer.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.