On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Watertoevoer in noorde van Bloemfontein onderbreek

───   11:46 Thu, 03 Oct 2024

Watertoevoer in noorde van Bloemfontein onderbreek | News Article
Mangaung Metro onderneem om terugvoer aan inwoners te gee oor vordering met die werk. Foto: Argief

“Die gebiede wat moontlik geraak sal word, sluit Pentagonpark, Dan Pienaar, Heuwelsig, Bayswater en aanliggende gebiede in die sakekern in.”

Inwoners in die noorde van Bloemfontein is deur die Mangaung Metro in kennis gestel dat watertoevoer vir 18 uur onderbreek gaan word. Dit sal na verwagting vanaf Donderdag (3/10) om 09:00 duur.

Die onderbreking is noodsaaklik om kabels te verskuif as deel van Maselspoort se opknapping, en ’n klep in Brebnerweg te installeer as deel van onderhoud wat gedoen moet word.

“Die gebiede wat moontlik geraak sal word, sluit Pentagonpark, Dan Pienaar, Heuwelsig, Bayswater en aanliggende gebiede in die sakekern in,” sê Qondile Khedama, munisipale woordvoerder.

Mangaung Metro onderneem om terugvoer aan inwoners te gee oor vordering met die werk. Hulle vra ook by voorbaat om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.