On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#PinkTober: Sluit aan by Bowling4Boobies op Vanderbijlpark

───   HEIDRÈ MALGAS 16:01 Wed, 25 Sep 2024

#PinkTober: Sluit aan by Bowling4Boobies op Vanderbijlpark | News Article

“OFM is baie opgewonde om dit vanjaar in Vanderbijlpark aan te bied en nooi alle sakeondernemings en individue uit om die veldtog te ondersteun.”

In Oktober keer OFM se jaarlikse #PinkTober-veldtog terug in vennootskap met die Tafelronde van Suider-Afrika.

Op die eerste Donderdag van die maand word Bowling4Boobies vir die eerste keer op Vanderbijlpark aangebied. Dit is ’n gulde geleentheid vir inwoners van die Vaaldriehoek om te deel in die pret.

OFM is baie opgewonde om (die veldtog) vanjaar op Vanderbijlpark aan te bied en nooi alle sakeondernemings en individue uit om die veldtog te ondersteun,” sê Anchen Lintvelt, verkope-en-bemarkingsbestuurder van Sentraal-Suid-Afrika se gewildste handelsradiostasie. “Ons sien daarna uit om bietjie in die Vaaldriehoek te kuier.

“Alle geld word ingesamel ter ondersteuning van Kansa en dit gaan beslis 'n groot sukses wees.”

OFM samel met dié veldtog geld in vir Kansa. Foto verskaf

Ná die ongelooflike sukses van verlede jaar se veldtog, mik OFM daarna om luisteraars in vier provinsies te verenig en R500 000 in te samel vir Kansa met die jaarlikse #PinkTober-veldtog.

In 2023 het Kansa die geld wat deur OFM se luisteraars geskenk is, gebruik om meer as 2 600 mense in Sentraal-Suid-Afrika te bereik deur middel van praatjies, ondersoeke of behandeling.

Elke Donderdag sal OFM sy programme omskep in ’n baken van hoop en inligting wat aanmoediging bied aan diegene wat saam met borskanker leef en noodsaaklike wenke oor voorkoming en ondersteuning deel.

Spanne van vier kan deelneem vir ’n skenking van R2 000. Al wat jy moet doen, is om ’n span te bespreek en op te daag – alles word voorsien (geen eie balle nodig nie).

Die pret begin om 17:00 en duur tot 21:00. Geniet ’n aand van kos, lekkernye en musiek, saam met ’n eksklusiewe emmerhoed en Kansa-sokkies. Hope pryse is ook op die spel. Bespreek jou span se plek hier

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.