On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Polisiestudent vermis ná ontslag uit Pretoriase hospitaal

───   10:15 Sun, 22 Sep 2024

Polisiestudent vermis ná ontslag uit Pretoriase hospitaal | News Article
Tristan Chowles. Foto verskaf

“Hy is by die polisiekantoor in Garsfontein as vermis aangemeld.”

’n Jong polisiestudent is by die polisiekantoor in Garsfontein as vermis aangemeld. 

Tristan Chowles (23) is Donderdag (19/9) uit die hospitaal in Pretoria ontslaan nadat hy Woensdag vir ’n armbesering behandel is. Hy het daarna spoorloos verdwyn. Hy was besig met ’n basiese leerontwikkelingsprogram by die polisie se Tshwane-akademie.

Tristan Chowles word sedert Donderdag vermis. Foto verskaf

“Die polisie het met ’n grootskaalse soektog begin nadat die student, wat deel is van die program aan die akademie, vermis geraak het,” sê Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder.

“Die omstandighede rondom sy verdwyning word ondersoek en die polisie het die maksimum hulpbronne gemobiliseer om hom op te spoor.”

Chowles is 1,78 m lank met kort blonde hare en blou oê, sê sy. Enigeen met meer inligting kan lt.kol Tibane, speurbevelvoerder in Garsfontein, by 082 822 8338 bel.

Isaac Dlakudi word al twee weke vermis. Foto verskaf 

Intussen is die Parkweg-polisiekantoor op soek na ’n man wat in Bloemfontein vermis geraak het. Isaac Dlakudi (39) is 8 September laas gesien toe hy saam met sy suster en swaer van die Wes-Kaap na Mpumalanga onderweg was.

Na bewering het Dlakudi (39) op die hoek van Banadelaan en Stoltzstraat in Fichardtpark uit die voertuig geklim terwyl hulle op pad na ’n gastehuis was. Hy is later by die polisie as vermis aangemeld.

“Ons doen ’n beroep op die publiek om ons te help in die soektog na die man van Oudtshoorn,” sê kapt. Lorraine Earle, polisiewoordvoerder.

Dlakudi het ’n ligte blou broek, swart baadjie, groen T-hemp en net swart kouse aangehad. Enigeen met nog inligting kan sers. Joseph Methu, ondersoekbeampte, by 083 590 6846 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

OFM News dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.