On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Nóg paaie in Sentraal-Suid-Afrika weens sneeu gesluit – VIDEO, FOTO’S

───   09:33 Sat, 21 Sep 2024

Nóg paaie in Sentraal-Suid-Afrika weens sneeu gesluit – VIDEO, FOTO’S | News Article
Motoriste word versoek om reisplanne uit te stel. Foto: X

“Mense wat in die sneeu vasgekeer is, se voorrade is laag of reeds uitgeput.”

Talle paaie bly gesluit – onder meer gedeeltes van die N2, N3, R58, R74, R103, R617 en R712 – ná swaar sneeuneerslae in Sentraal-Suid-Afrika. 

Die grootste ontwrigting is op die N3-tolroete van Estcourt in KwaZulu-Natal tot Harrismith in die Vrystaat waar motoriste in hul voertuig vasgekeer is. 


Nooddienste het deurnag gewerk, en nog paaie is Saterdagoggend (22/9) gesluit om te keer dat motoriste reis, sê Thania Dhoogra, bedryfsbestuurder van die N3-tolkonsessie. Diegene wat vasgekeer is, se voorrade is laag of reeds uitgeput.

Die N3-tolkonsessie se roetebeheersentrum word oorval met oproepe. Rampbestuurspanne sowel as nooddienste verkeer ook onder geweldige druk.

Groot dele van die Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal en Noordoos-Kaap gaan sedert Vrydag gebuk onder gure weer. Teen Saterdagoggend het meer as 20 cm sneeu oor die suidelike Drakensberge geval. Toestande is uiters gevaarlik en vererger steeds. 

Bome val en versper paaie. Kragonderbrekings word dwarsoor die streek aangemeld, maar Eskom-spanne kan weens gevaarlike toestande nie reageer nie. Luidens berigte stort houtstrukture ineen onder die gewig van die sneeu.

Motoriste word versoek om hierdie gebiede te vermy tot verdere kennisgewing. Diegene wat reeds op die roete vasgeval het, kan die N3-hulplyn dag en nag by 0800 63 43 57 bel om ’n krisis aan te meld of vir noodbystand.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.