On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Platfontein-buurman lewenslank tronk toe ná seun se verkragting

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:48 Sat, 14 Sep 2024

Platfontein-buurman lewenslank tronk toe ná seun se verkragting  | News Article
Foto: iStock

“Sy het haar kleinseun se gille gehoor en die agterdeur van die huis oopgeskop om toegang te kry.”

‘n Man van Platfontein buite Kimberley is Vrydag (6/9) lewenslank tronk toe gestuur nadat hy ’n minderjarige verkrag het.

Stefaans Dickson is skuldig bevind nadat hy ’n seun (11), wat ’n aansteker wou leen, verkrag het, sê sers. Molefi Shemane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

“Die slagoffer se ouma het hom op 12 Januarie omstreeks 22:00 na die buurman gestuur om ’n aansteker te gaan leen. Toe die seun ná ’n hele ruk nie huis toe kom nie, het sy ouma hom gaan soek.”

‘Die beskuldigde kon daarin slaag om te vlug’

Volgens Molefi was die voordeur met haar aankoms gesluit, maar sy het haar kleinseun se gille gehoor en die agterdeur van die huis oopgeskop om toegang te kry, sê Shemane.

“Die ouma het op dié toneel afgekom en gesien hoe Dickson haar kleinseun seksueel aanrand. Die beskuldigde kon egter daarin slaag om van die toneel te vlug,” sê Shemane. Die polisie is gekontak en ’n verkragtingsaak is aanhangig gemaak.

Die beskuldigde is die volgende dag deur lede van Kimberley se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Platfontein in hegtenis geneem. Borg is teengestaan en die beskuldigde was sedertdien in aanhouding. 

Dickson se naam sal in die nasionale register van seksoortreders opgeneem word.

In ’n ander voorval is ’n pa van Upington lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van ’n minderjarige.

Die pa (40) van Paballelo is op 2 Augustus in die Upington-streekhof tot 25 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting van sy biologiese dogter, het sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, vroeër aan OFM Nuus gesê.

‘Hy het haar met die dood gedreig indien sy iemand sou vertel’

“Die slagoffer het op 1 Januarie omstreeks 03:00 saam met haar vriendin buite gesit toe haar pa haar roep en haar vriendin huis toe gestuur het. Hy het sy dogter (15) begin betas en haar toe met ’n mes gedreig toe sy hom probeer keer. Hy het haar verkrag en met die dood gedreig indien sy iemand sou vertel.”

Die voorval is die volgende dag by die polisie aangemeld en die beskuldigde is in hegtenis geneem.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.