On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Raadop Eskom lê beslag op groot skuldenaar Emfuleni se bankrekeninge

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:38 Thu, 12 Sep 2024

Raadop Eskom lê beslag op groot skuldenaar Emfuleni se bankrekeninge | News Article
Foto: Facebook

“Die kragvoorsiener beweer die munisipaliteit het teen 31 Augustus ongeveer R8 miljard vir grootmaatelektrisiteit geskuld, sowat 10% van die R82 miljard wat munisipaliteite aan Eskom verskuldig is.”

Eskom het beslag gelê op vier bankrekeninge van Emfuleni om uitstaande skuld van dié Vaaldriehoekse munisipaliteit te probeer invorder.

Die kragvoorsiener het Woensdag (11/9) aangekondig die munisipaliteit kom weens veelvuldige oortredings nie meer in aanmerking vir die skuldverligtingsprogram ingevolge die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur nie.

Eskom het op 2 Julie ’n kennisgewing aan die nasionale tesourie en Emfuleni uitgereik oor die kragvoorsiener se voorneme om beslag te lê op die rekeninge om R8 miljard se agterstallige skuld in te vorder.

Interne twis in VF Plus ná beskuldigings teen raadslid | News Article

Emfuleni-VF Plus-rdl. Gerda Senekal. Foto: Facebook

Volgens ’n kennisgewing Woensdag (11/9) deur Eskom het die balju van die hof suksesvol beslag gelê op vier van Emfuleni se bankrekeninge om te verseker dat betalings wat Emfuleni vir elektrisiteit invorder, direk na Eskom gaan.

Die kragvoorsiener beweer die munisipaliteit het teen 31 Augustus ongeveer R8 miljard vir grootmaat-elektrisiteit geskuld, sowat 10% van die R82 miljard wat munisipaliteite aan Eskom verskuldig is.

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid, sê sy was bewus van die brief oor Eskom se voorneme om op die rekeninge beslag te lê, maar het nie geweet dat dit reeds Woensdag uitgevoer sou word nie. Emfuleni het nie getrou die maandelikse paaiemente betaal soos ooreengekom nie.

‘Die situasie het gelei tot swak dienslewering’

“Hierdie nienakoming stel Eskom in staat om hofverrigtinge voort te sit.”

Senekal beweer Eskom het ná ’n hofuitspraak nie beheer oor elektrisiteitsvoorsiening en opgradering van infrastruktuur oorgeneem nie, maar hom net op sakerekeninge toegespits.

“Die situasie het gelei tot swak dienslewering, insluitend waterlekkasies wat al twee jaar voortduur en die helfte van Vanderbijlpark wat drie weke sonder krag sit ná ’n substasie-ontploffing.”

Volgens Senekal ontvang Eskom miljoene rande uit die skuldterugbetalingsooreenkoms, “maar betaal Emfuleni nie die ooreengekome winste nie. Gevolglik kan ons nie ons skuld (aan die Nasionale Tesourie) betaal nie, wat die probleem vererger.

“Eskom het ’n agentskapooreenkoms voorgestel, wat Emfuleni nie aanvaar nie.”

Eskom beweer dat hy alle wetlike en bemiddelingsopsies uitgeput het om betaling te verseker vir dienste gelewer sedert 2018.

Groot uitdaging vir kragreus

“Eskom, sowel as Emfuleni se hantering van die situasie is verkeerd, met geen verwagte verbetering vir residensiële kliënte nie ondanks mediaverklarings wat die teendeel sê,” sê Senekal.

Volgens Eskom bly munisipale skuld een van sy groot uitdagings. Agterstallige munisipale skuld het einde Maart ongeveer R74,4 miljard beloop, ’n toename van sowat R15,9 miljard gedurende die laaste boekjaar.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.