On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

OFM se PinkTober is terug en gereed om geld in te samel vir CANSA

───   HEIDRÈ MALGAS 13:44 Thu, 12 Sep 2024

OFM se PinkTober is terug en gereed om geld in te samel vir CANSA | News Article
OFM-aanbieder, Shando Potgieter, by verlede jaar se Bowling4Boobies. Foto: OFM

“Elke Donderdag sal OFM ons programme omskep in bakens van hoop en inligting, bemoediging bied aan diegene wat met borskanker leef, en noodsaaklike voorkoming- en ondersteuningswenke deel.”

OFM se PinkTober-veldtog is weer hier om mense te ondersteun by wie borskanker gediagnoseer is.

Vanjaar wil die veldtog R500 000 insamel om Cansa se werk met borskankerpasiënte en -oorlewendes te help. Verlede jaar het die projek Bowling4Boobies en die veldtog PinkTober hul ambisieuse insamelingsmikpunt oortref en alles net so aan Cansa geskenk.

Die pienk bra vir Bowling4Boobies. Foto: OFM

“Oktober het (vanjaar) vyf Donderdae, wat beteken ons het ’n ekstra geleentheid en ons neem dit na drie nuwe dorpe,” sê Anchen Lintvelt, OFM se verkoops-en-bemarkingsbestuurder. “Dis ’n opwindende nuwe projek.

“Ons begin op Vanderbijlpark, ’n eerste vir ons.” Elke Donderdag sal OFM sy programme omskep in bakens van hoop en inligting, bemoediging bied aan diegene wat met borskanker leef en noodsaaklike voorkomings- en ondersteuning wenke deel.

Sentraal-Suid-Afrika se geliefkoosde handelsradiostasie sal ook, in samewerking met die Tafelronde, korporatiewe rolbalaande dwarsoor die streek aanbied. Sluit by hulle aan op Vanderbijlpark (3 Oktober), in Klerksdorp (10 Oktober), Bloemfontein (17 Oktober), op Bethlehem (24 Oktober) en Vryburg (31 Oktober) vir prettige geleenthede met ’n goeie doel.

In 'n merkwaardige vertoning van solidariteit en vrygewigheid het OFM, die Sound of Your Life, verlede Oktober suksesvol 'n verbysterende R575 000 tydens sy PinkTober-veldtog ingesamel. Foto: OFM. 

Spanne van vier kan deelneem vir ’n donasie van R2 000. Alle opbrengs sal na die plaaslike CANSA-kantoor gaan.

OFM nooi almal uit om deel wees van ’n see van pienk! Toon jou steun deur elke Donderdag in Oktober pienk aan te trek en jou foto’s op sosiale media te deel met #OFMPinkTober.

Help om die internet pienk te verf met positiewe energie en ondersteuning!

‘Dit is perfek vir spanbou onder kollegas, vriende en familie’

“Bowling4Boobies en die PinkTober was sulke hoogtepunte op ons kalender verlede jaar dat ons skaars kan wag om hierdie projek vanjaar na nog dorpe in Sentraal-Suid-Afrika uit te brei,” sê Lintvelt.

“Dit is perfek vir spanbou onder kollegas, vriende en familie terwyl jy ’n verskil maak. OFM moedig almal aan wat ons verlede jaar ondersteun het, asook nuwe deelnemers, om julle spanne te bespreek en kom ons vat hande om nog meer geld in te samel.”

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.