On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vrystater skiet glo baba en sy ma dood

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:07 Wed, 11 Sep 2024

Vrystater skiet glo baba en sy ma dood | News Article
Foto: iStock

“Die verdagte het toe sy eenjarige seun, Bohlale Boniface Sebata, voor die ouma geskiet.”

’n Man van Bloemfontein bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning nadat hy na bewering sy babaseun en dié se ma doodgeskiet het.

Itumeleng Peter Matema (38) het Maandag (9/9) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van moord saam met sy broer Motlatsi Matema (33), wat voorgekom het vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Matema en Puseletso Lettie Sebata (35), sy meisie en die ma van sy kind, het op die betrokke dag omstreeks 07:00 by Sebata se ma se huis in Fase 5 aangekom. Kort daarna het ’n rusie ontstaan.

Sebata se ma kon hulle nie laat bedaar nie en is na ’n buurman se huis. Met haar terugkeer het sy geweerskote gehoor en het haar dogter dood in ’n plas bloed aangetref. Die verdagte het toe sy eenjarige seun, Bohlale Boniface Sebata, voor die ouma geskiet. Paramedici het Sebata en haar baba albei dood verklaar.

Die verdagte het gevlug, maar sy paspoort, ID en rybewys by sy huis in Fase 9 agtergelaat. ’n Paar uur later is hy en sy broer – na bewering in besit van ’n onwettige vuurwapen, in Botshabelo in hegtenis geneem.

‘Dis grotendeels ’n drang na mag en beheer wat tot dié moorde lei’

Albei bly in aanhouding tot hulle na verwagting Dinsdag (17/9) om borgtog aansoek sal doen.

Navorsers het bevind sowat 40% van vroulike moordslagoffers word deur ’n huidige of gewese eggenoot of lewensmaat doodgemaak, vergeleke met net 6% van die manlike moordslagoffers, berig Psychology Now.

In 2022 is ongeveer 48 800 vroue wêreldwyd om die lewe gebring deur iemand met wie hulle ’n intieme verhouding gehad het.

In die studie is beklemtoon ’n beduidende faktor wat tot hierdie moorde bydra, is wanneer ’n vrou probeer om die verhouding te verlaat, en die man voel hy het nie meer beheer nie. Hierdie voorvalle volg gewoonlik ná ’n geskiedenis van mishandeling, wat dikwels deur jaloesie aangevuur word.

Of dit nou gemotiveer is deur gierigheid of jaloesie, ’n drang na mag en beheer lei grotendeels tot hierdie voorbedagte moorde.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.