On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Dis amper Nasionale Parkeweek!

───   10:36 Tue, 03 Sep 2024

Sponsored10:36 Tue, 03 Sep 2024
Dis amper Nasionale Parkeweek! | News Article

“In vandag se tye, wat alles so duur is, is hierdie die ideale geleentheid om weg te kom van die gejaag van die lewe en die dag in ’n park te ontspan.”

Hierdie opwindende tydperk gaan vanaf 9 tot 15 September 2024 plaasvind en is oop vir alle Suid-Afrikaners wat ’n geldige identiteitsdokument het.

September is Toerisme maand en oudergewoonte vier Sanparke ook weer nasionale parke week vanaf die 9de. Anny Bruyns gesels met Genevieve Maasdorp om meer uit te vind:

21 van die 22 Nasionale Parke wat regoor Suid-Afrika geleë is, gaan deelneem aan hierdie week. Slegs Namawka Nasionale Park neem nie deel nie omdat dit blommetyd daar is.

Pak ’n piekniekmandjie, of laai jou bergfiets of selfs visstok en kom ontspan vir die dag. Foto verskaf

Suid-Afrikaanse burgers moet slegs hul identiteitsdokument saamneem wanneer hulle van die parke besoek, dit by Ontvangs wys en dan kan hulle gratis vir die hele dag in die park kuier. Daar is geen beperkte dagbesoeke gedurende hierdie week nie. 

In vandag se tye, wat alles so duur is, is hierdie die ideale geleentheid om weg te kom van die gejaag van die lewe en die dag in ’n park te ontspan. Pak ’n piekniekmandjie, of laai jou bergfiets of selfs visstok en kom ontspan vir die dag en geniet die natuurlike en kulturele erfenis wat bewaar word vir ons nageslag.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.