On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Twee in Noordwes skuldig aan bedrog, geldwassery

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:33 Sat, 31 Aug 2024

Twee in Noordwes skuldig aan bedrog, geldwassery | News Article
Zeerust-streekhof bevind twee mans skuldig aan bedrog en geldwassery.

“Hulle moet die oorblywende bedrag, wat altesaam meer as R1 miljoen beloop, oor die volgende vyf jaar terugbetaal.”

Twee mans is Vrydag (30/8) in Noordwes tronkstraf opgelê nadat hulle aan verskeie aanklagte van bedrog en geldwassery skuldig bevind is.

Shoheb Shaick (37) en Ifraim Schaick (40) is in die Zeerust-streekhof tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis op sewe aanklagte van bedrog en geldwassery elk, sê Sivenathi Gunya, NVG-woordvoerder. Hierdie vonnis is vir vyf jaar opgeskort.

‘Hulle moet meer as R1 miljoen oor die volgende vyf jaar terugbetaal’

Volgens Gunya is hulle ook beveel om onmiddellik R100 000 elk aan Motswedi Finansiële Dienste Koöperasie, ook bekend as Motswedi SACCOS, te betaal. “Hulle moet die oorblywende bedrag, wat altesaam meer as R1 miljoen beloop, oor die volgende vyf jaar terugbetaal.”

Motswedi Finansiële Dienste Koöperasie is ’n spaar- en krediet koöperatiewe vereniging. Dit is op 19 November 1985 gestig deur die personeel van die departement vir koöperatiewe ontwikkeling en die Botswana Koöperatiewe Bank. Die primêre doel van Motswedi SACCOS is om ’n poel van spaargeld te skep en sy lede toegang tot krediet teen bekostigbare rentekoerse te bied.

Die organisasie help ook die Motswedi-gemeenskap met finansiële transaksies, soos pensioene en maatskaplike toelaes.

‘Geld van die koöperasie se bankrekening is na ander rekeninge oorgeplaas’

Patrick Segalo, die voorsitter van Motswedi SACCOS, is ook aangekla, maar sy verhoor is tot 25 September 2024 uitgestel. Die saak teen ’n ander beskuldigde, Dipuo Alina Lebitsoeng, is egter teruggetrek.

Gunya sê Segalo, Shaick en Schaick – wat familie is – het toegang tot die koöperasie se bankrekening gehad en tussen November 2020 en Oktober 2021 geld van die koöperasie se bankrekening na ander rekeninge oorgeplaas, en toe in Shaick se persoonlike rekening.” Hulle het 'n entiteit genaamd Seleri Enterprise gebruik om die gesteelde geld te was.

Volgens Gunya is die misdaad goed beplan en het dit oor ’n lang tydperk plaasgevind, wat gelei het tot ’n aansienlike finansiële verlies vir die koöperasie.

‘Die klaer het ’n finansiële verlies van meer as R1 miljoen gely’

Ter verswarende vonnis het senior staatsadvokaat Theo Moetaesi aan die hof gesê dat die beskuldigde by die pleging van hierdie misdade gebaat het. Hy het gesê die misdaad is oor ’n lang tydperk beplan en gepleeg. “Moetaesi het gesê die klaer het ’n finansiële verlies van meer as R1 miljoen gely. Hy het die hof versoek om ’n gepaste vonnis te oorweeg wat hoop vir die slagoffers sal bring.”

Die direkteur van openbare vervolging in Noordwes het die pogings van diegene wat betrokke was om die skuldigbevindings te verseker, geloof en die NVG se verbintenis herhaal om kommersiële misdaad aan te vat.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.