On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Speurder lewenslank tronk toe vir moord op sy vrou, vriend

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:41 Wed, 28 Aug 2024

Noordwes: Speurder lewenslank tronk toe vir moord op sy vrou, vriend | News Article
Foto: SAPD

“Mmutle het die polisie kort ná die voorval gebel om sy skuld te beken. Hy is dadelik in hegtenis geneem.”

’n Speurder van die Zeerust-omgewing is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy vervreemde vrou en haar kêrel wat hy twaalf keer geskiet het.

Die streekhof op dié dorp in Noordwes het Maandag (26/8) beslis ao. Annius Mmutle (50) moet die twee lewenslange vonnisse samelopend uitdien, sê Sivenathi Gunya, NVG-woordvoerder vir Noordwes.

“Mmutle het sy vrou, Motshegwa Mmutle, haar kêrel, Katlego Selokwane, en nog ’n vriend op 14 Maart verlede jaar op pad na ’n vriend se huis naby Zeerust agtervolg. Mmutle het op hulle begin skiet, toe sy vrou en Selokwane op slag dood is.”

‘Hy is dadelik in hegtenis geneem’

Volgens Gunya het Mmutle die polisie kort ná die voorval gebel om skuld te beken. Hy is dadelik in hegtenis geneem. “Mmutle het vertel hy en sy vrou het huweliksprobleme. Hy is borgtog geweier en was sedertdien in aanhouding.”

Tydens vonnisoplegging het die staat ter verswaring aangevoer dat Mmutle as wetstoepasser ’n plig het om sy vrou en gesin te beskerm, pleks daarvan het hy vermoor.

“Die hof het ook beslis dat Mmutle geen berou getoon het nie, ten spyte van sy bekentenis aan die polisie. Die regter het beklemtoon dat geweld in gemeenskappe toeneem, en as ’n polisiebeampte moes Mmutle beter geweet het.”

‘Amptelike vuurwapen aan voornemende rowers geleen’

Intussen word Noxolo Perseverance Job (39), ’n oudpolisiebeampte van Bloemfontein, na verwagting op 9 Desember gevonnis nadat sy na bewering beplan het om vuurwapens van veiligheidsdienste te steel.

Die Bloemfonteinse landdroshof het Job vroeër vandeesmaand skuldig bevind aan sameswering om gewapende roof te pleeg en die oortreding van art. 120 van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, Wet 60 van 2000, het Christopher Singo, Valke-woordvoerder, gesê.

“Job, wat aan beskermings-en-sekuriteitsdienste (BSD) in Bloemfontein verbonde was, het plan beraam om ’n roof te organiseer en vuurwapens uit ’n kluis in die BSD-kantoor te steel. Sy het ook haar amptelike vuurwapen teen ’n betaling van R50 000 aan die voornemende rowers geleen.”

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.