On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein se barmhartige samaritaan vra hulp ná brand

───   HEIDRÈ MALGAS 14:19 Mon, 19 Aug 2024

Bloemfontein se barmhartige samaritaan vra hulp ná brand | News Article
Hester Bekker se huis is in ’n brand verwoes. Foto verskaf

“Haar vier kleinkinders en nege volwassenes wat in die huis was, is almal ongedeerd. Die diere het ook nie seergekry nie.”

Bloemfontein se “Guardian Angel” het nou self hulp nodig nadat ’n brand haar huis en motors vernietig het.

Hester Bekker, van die organisasie sonder winsoogmerk Guardian & Angels, is ’n helpende hand vir almal in nood in Bloemfontein, sê Nico Niemand, hul direkteur. “Ná ’n brand wat Sondag (18/8) ontstaan het, het sy nou die gemeenskap se hulp nodig. Die brand is vermoedelik veroorsaak deur ’n vuur wat gemaak is deur kroeggangers aan die agterkant van Bekker se woning in Estoire.”

Hester Bekker het alles in haar agterplaas verloor. Foto verskaf

“Haar vier kleinkinders en nege volwassenes wat in die huis was, is almal ongedeerd. Die diere het gelukkig ook nie seergekry nie.”

Hulle het letterlik alles aan die agterkant van die huis verloor. Die vlamme het deur die huis versprei en van die voertuie agter in die erf het uitgebrand.

Niemand is in die brand beseer nie. Foto verskaf

“Hester het dit regtig baie swaar en sy is baie paniekerig omdat hulle baie goed verloor het.”

Lys van dringend benodigdhede:

  • dubbelbed; 
  • dubbelbedkomberse ;
  • handdoeke;
  • waslappe;
  • klere;
  • plafon- en vloerpanele;
  • sement;
  • vensters;
  • deure;
  • seunsklere;
  • no. 34-broeke;
  • medium en groot hemde; en
  • no. 7- en 8-seunskoene

Hester Bekker en Guardian & Angels het reeds baie mense in nood bygestaan, asook mense wat besittings in brande verloor het. 

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.