On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Libiese burgers bly in aanhouding, saak uitgestel

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:50 Tue, 06 Aug 2024

Libiese burgers bly in aanhouding, saak uitgestel | News Article
Die 95 Libiërs wat in Mpumalanga in hegtenis geneem is. Foto: X

“Tydens die klopjag op die plaas het ’n span onder leiding van polisiespeurders die Libiërs aangetref wat in militêre tente gehuisves is.”

Die 95 Libiese burgers wat aangekla word van die oortreding van die Immigrasiewet, moet weer op 26 Augustus in Witrivier-landdroshof verskyn.

Die groot groep buitelanders het Maandag (5/8) voorgekom toe hul saak uitgestel is vir verdere ondersoek. Geen bykomende aanklagte is teen hulle aanhangig gemaak nie, sê kol. Donald Mdhluli, Mpumalanga-polisiewoordvoerder, aan OFM Nuus, en voeg by dat hulle steeds in aanhouding bly.

Amper honderd Libiërs is op 26 Julie in hegtenis geneem op ’n beweerde militêre basis op ’n plaas buite Witrivier, noord van Nelspruit (Mbombela).

Die polisie, in samewerking met die provinsiale gesamentlike operasionele en intelligensiestrukture, die Departement van Binnelandse Sake en die polisie se intelligensiedienste het ’n klopjag uitgevoer, nadat inligting ontvang is oor ’n militêre opleidingsbasis buite Witrivier, het brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder vroeër aan OFM Nuus gesê.

95 Libiërs van basis in Mpumalanga in hof verwag   | News Article

Die opleidingsentrum in Mpumalanga lyk meer soos ’n militêre opleidingsbasis. Foto: X

“Tydens die klopjag op die plaas het ’n span onder leiding van polisiespeurders die Libiërs aangetref wat in militêre tente gehuisves is. Militêre opleidingstoerusting, insluitend gelisensieerde vuurwapens, is op die terrein aangetref.”

“Wat aanvanklik na ’n oefenterrein gelyk het, is blykbaar in ’n onwettige militêre opleidingsbasis omskep. Die Libiese burgers wat in hegtenis geneem is, word tans ondervra,” sê Mathe, en voeg by dat die polisie ook dagga en kokaïen ontdek het.

“Ander dwelms wat in hul besit gevind is, is na ons forensiese laboratorium in Pretoria gestuur vir ontleding.”

’Die verdagtes het op 29 Julie vir die eerste keer in die landdroshof op Witrivier verskyn

“Die polisiediens werk nou saam met die Departement van Binnelandse Sake om vas te stel hoe hierdie (buitelanders) hul visum bekom het,” sê Mathe.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, verseker Suid-Afrikaners dat ’n deeglike ondersoek uitgevoer sal word ná bewerings dat die Libiese burgers militêre opleiding ontvang het

Die verdagtes het op 29 Julie vir die eerste keer in die landdroshof op Witrivier verskyn. Die saak is uitgestel om voorsiening te maak vir die aanstelling van ’n Arabiessprekende tolk en om aan die beskuldigde die geleentheid te bied om regsverteenwoordiging te verkry.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.