On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Twee mense dood ná woonstelblok brand

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:49 Sat, 03 Aug 2024

Twee mense dood ná woonstelblok brand | News Article
Foto: iStock

“Volgens Rani was die polisie besig om te patrolleer toe hulle omstreeks 22:00 rook opmerk wat uit die Boiketlong-woonstelle kom. Met hul aankoms op die toneel het hulle opgemerk dat die tweede verdieping van blok D-woonstelle aan die brand was.”

Twee mense is dood nadat ’n woonstelblok Vrydag (2/8) naby Sasolburg aan die brand geslaan het. 

Die Zamdela-polisie het ’n geregtelike doodsondersoekdossier geopen nadat twee mense, ’n man en ’n vrou, dood is toe ’n woonstelblok by Boiketlong-woonstelle aan die brand geslaan het, sê sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder.

“Die woonstelblokke word nie vir woondoeleindes gebruik nie, behalwe vir mense wat onwettig daar sou kuier sonder die eienaar se toestemming.”

‘Die twee oorledenes is op die toneel dood verklaar’

Volgens Rani was die polisie besig om te patrolleer toe hulle omstreeks 22:00 rook opmerk wat uit die Boiketlong-woonstelle kom. Met hul aankoms op die toneel het hulle opgemerk dat die tweede verdieping van blok D-woonstelle aan die brand was.”

“Die twee oorledenes is op die toneel dood verklaar. Besonderhede en ouderdom van die slagoffers sal bekend gemaak word sodra hulle geïdentifiseer is,” sê Rani

Die oorsaak van die brand is onbekend en ondersoek duur steeds voort.

Foto ter illustrasie: iStock

Op 11 Junie is twee Bloemfonteinse brandweermanne en twee vrywilligers in ’n brand by Spitskop, Langenhovenpark, beseer. Een brandweerman is weens hitte-uitputting in die hospitaal opgeneem. ER24 het hulle op die toneel behandel.

“Iemand het na bewering rommel aan die brand gesteek. As gevolg van die sterk wind het die rommel na ’n huis aangewaai en die lapa aan die brand gesteek. Die lapa was teenaan die huis.

“Die huis het afgebrand, maar baie van die inhoud kon gered word,” sê Braam van Zyl van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens. Die vlamme het na bewering oor die pad gespring en na Langenhovenpark beweeg.

Danksy die vinnige reaksie van inwoners, gemeenskapsorganisasies, vrywilligers en nooddienspersoneel is die brand nou onder bedwang gebring. Die buurtwag en twee spanne van Working on Fire het almal ook gehelp om die brande te blus.

Van Zyl het genoem dat dit die twaalfde huis is wat in daardie week net in die Mangaung-gebied gebrand het – almal steenhuise.

Danksy die vinnige reaksie is die brand nou onder bedwang gebring. Foto: Kekeletso Mosebetsi

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.