On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Ramp by Bethlehem-lugskou: Wie moet pa staan? – VIDEO

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:09 Mon, 09 Sep 2024

Ramp by Bethlehem-lugskou: Wie moet pa staan? – VIDEO | News Article
Miljoene rand se skade is aangerig. Foto: Facebook

"Negentien voertuie het Saterdag (7/9) skade gely waarvan nege uitgebrand het.”

Die skuld vir die ramp by Bethlehem se lugskou móét voor die plaaslike munisipaliteit se deur gelê word, meen die DA in die Vrystaat.

Negentien voertuie het Saterdag (7/9) skade gely, waarvan nege uitgebrand het, in ’n veldbrand in ’n parkeergebied oorkant die vliegveld. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, sê die Dihlabeng-munisipaliteit moet die skuld kry.

Brand het buite die munisipaliteit se jurisdiksie plaasgevind’

Maar Peter Muller, ’n wykskomiteelid, stem nie saam nie. “Die brand het buite die munisipaliteit se jurisdiksie plaasgevind en kon in enige veld ontvlam het dus kan die munisipaliteit nie aanspreeklik gehou word vir die voorval nie.”

Jankielsohn sê die DA het Sondag (8/9) saam met raadslede van die Dihlabeng-koukus die gebied besoek waar talle voertuie tydens die lugskou vernietig is. “Ons het minstens elf uitgebrande voertuie gesien hoewel berigte daarop dui dat baie meer deurgeloop het. Ons betuig ons simpatie met diegene wat verliese gely het.”

Talle motors is in die brand vernietig. Foto verskaf

Muller bevestig die gerugte dat die brand ontstaan het weens ’n braaivleisvuur wat die veld aan die brand gesteek het. Hy sê Dihlabeng se brandweer was wel teenwoordig by die lugskou, toegerus met ’n vragmotor, brandbestryders en paramedici.

“Die aankondiging van die brand het egter tot ’n chaotiese skare van sowat duisend kinders gelei wat die brandweer se pogings bemoeilik het. Die sterk wind het die brand se verspreiding vererger en die brandweer magteloos gelaat om betyds op te tree.”

‘Binne 50 sekondes oor 100 m versprei’

Volgens Muller het die brand binne 50 sekondes oor 100 m versprei. “Die organiseerders van die lugskou het nie voorsiening gemaak vir mense wat (buite) die terrein braai nie, en die (droë) veld rondom die lugskou het daartoe bygedra dat die brand op enige plek kon begin het.

“Dit is ongelukkig ’n insident waarvoor niemand regtig voorsiening kon maak nie en dit is nie die organiseerders se skuld nie.”

Jankielsohn noem verskeie redes waarom die munisipaliteit, ’n rolspeler by die geleentheid, aanspreeklik gehou moet word:

  • Dihlabeng het versuim om vooraf ’n risiko-evaluering te doen om bedreigings te identifiseer wat verband hou met hoë verkeersvolumes en droë velde. Toeskouers braai gereeld tydens hierdie jaarlikse geleentheid langs voertuie. Baie toeskouers parkeer buite die terrein en kyk van daar af.
  • Dihlabeng het nie doeltreffende voertuig- en parkeerkontroles geïmplementeer nie wat daartoe gelei het dat motoriste op gras kon parkeer wat geneig was tot vinnige brandverspreiding weens verwagte sterk wind.
  • Behoorlike verhoog- en risiko-identifikasiemaatreëls het ontbreek wat die vermoë beïnvloed het om vinnig te reageer en ordelike ontruiming te bestuur in geval van ’n noodgeval.
  • Toeskouers moes ingelig gewees het oor die verbod op oop vure tydens die veldbrandseisoen en voldoeningsmaatreëls moes in plek gewees het.

Die DA-koukus het voorheen kommer uitgespreek oor die onvoldoende brandbestrydingstoerusting wat beskikbaar is aan munisipaliteite wat Bethlehem, Clarens, Fouriesburg, Paul Roux en Rosendal bedien.

">

Dit bly onduidelik of omvattende gebeurtenisversekering en die nodige prosedures getref was.

Die DA beplan om Dihlabeng aanspreeklik te hou deur ’n dringende raadsvergadering te versoek om die gebeure te bespreek. Daarbenewens sal die Coghta-portefeuljekomitee op provinsiale vlak versoek word om ’n gedetailleerde verslag van Dihlabeng te bekom.

“Dit is van kardinale belang vir munisipaliteite in die Vrystaat om deeglike risikobepalings en voorkomende maatreëls te neem, tesame met die versekering van voldoende brandbestrydingsvermoëns om verskeie brandgevalle doeltreffend aan te spreek,” sê Jankielsohn.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.